Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g98 11/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—1998
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1999
Sien nog
Ontwaak!—1998
g98 11/22 bl. 30

Van ons lesers

Chirurgie Ek en my man dank Jehovah met ons hele hart vir die artikel “Chirurgie sonder ’n skalpel” (22 Februarie 1998). My man moes hospitaal toe gaan vir indringende breinchirurgie vir sy arterioveneuse misvorming. Die artikel was soos ’n antwoord op ons gebede. My man het die operasie gehad met die prosedure wat in die artikel gemeld word, en dit gaan goed met hom.

L. J., Verenigde State

Russiese pers Baie dankie vir die artikel “Die Russiese pers prys Jehovah se Getuies” (22 Februarie 1998). Ek wou net hê julle moet weet dat dit nie die eerste keer was dat my oë vol trane geword het toe ek een van julle wonderlike artikels gelees het nie. Dit is goed om te weet dat die hele aarde eendag net so mooi gaan wees soos die nuwe takfasiliteite van Jehovah se Getuies in Solnetsjnoje.

I. C. S. A., Brasilië

Ongelowige vader verander Die artikel “Sy hart is geraak” (22 Februarie 1998) het my aan my eie gesin laat dink. My man is ook ’n ongelowige. Die artikel het my hoop gegee dat sy hart dalk ook eendag geraak sal word.

S. M., Verenigde State

Gesin staan Nazi’s teë Ek het nog nooit so ’n wonderlike ondervinding gelees soos dié van Horst Henschel, in die artikel “Aangemoedig deur my gesin se lojaliteit aan God” (22 Februarie 1998) nie. Ek moes kort-kort ophou lees om eers my huilery te beheers. Horst se vader was beslis iemand wat onder druk volhard het, en sy voorbeeld sal my altyd na aan die hart lê.

A. K., Verenigde State

Horst Henschel se ondervinding was baie roerend. Sy moed en liefde vir Jehovah was vir my ’n aansporing. Ek sal nooit die woorde vergeet wat hom aangemoedig het terwyl hy in die tronk was nie: “Vrees geen mens wat liggaam doodmaak.”

J. V. S., Brasilië

Ek is tien jaar oud, en ek wil vir julle sê hoe bemoedigend dit is om te weet hoe Jehovah se Getuies destyds moes lewe—dat hulle hulle lewe kon verloor het as hulle nie “Heil Hitler!” gesê het nie. Maar die Getuies het sterk gebly en dit nie gesê nie.

R. B., Verenigde State

Rassetrots Ek was verheug toe ek die artikel “Jongmense vra . . . Wat van rassetrots?” (22 Februarie 1998) gelees het. Ek is al baie gevra: “Wat is jou nasionaliteit?” Omdat ek nie weet wie my voorouers is nie, het ek skertsend geantwoord: “Baster!” ’n Reisende bedienaar het gesê: “Wanneer iemand jou vra wat jy is, moet jy net sê: ‘Ek is een van Jehovah se Getuies.’” Ek is trots om aan ’n organisasie te behoort wat erken dat alle rasse gelyk is.

D. H., Verenigde State

Ek is 14 jaar oud en wil julle vir die artikel bedank. My rassetrots het rassisme geword. Die artikel het my laat verstaan dat ons almal in Jehovah se oë gelyk is.

I. P., Italië

Toe ek jonk was, was baie van my skoolmaats trots op hulle ras en kleur, en hulle het gesê dat hulle Spaanse bloed het, terwyl ek aan ’n minderheidsgroep behoort het. Ek het ’n minderwaardigheidskompleks en ’n gebrek aan selfrespek ontwikkel. Ek het soms gedink: ‘Ek haat my kleur!’ Die raad in hierdie artikel het my gehelp om my selfrespek te herwin en om tevrede te wees met wat Jehovah my gegee het.

A. G., die Filippyne

Ek het werklik ’n verdraaide beskouing gehad en gedink dat mense wat in ryker lande gebore word beter is. Julle artikel het my gehelp om te sien dat daar werklik net een ras is—die menseras.

L. G., Brasilië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel