Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 1/8 bl. 15
  • Eet jou groente!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Eet jou groente!
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe heilsame voedsel jou gesondheid kan verbeter
    Ontwaak!—1995
  • Voedsame kos binne jou bereik
    Ontwaak!—2002
  • Sleutel 1—Eet gesond
    Ontwaak!—2011
  • Sewe wenke om kos veilig te hou en gesond te eet
    Nog onderwerpe
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 1/8 bl. 15

Eet jou groente!

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN BRASILIË

“Dit is bitter.” “Dit proe nie lekker nie.” “Ek het dit nog nooit geëet nie.”

DIT is net ’n paar van die redes waarom baie weier om groente te eet. Wat van jou? Eet jy elke dag groente? Ontwaak! het onderhoude met mense gevoer om uit te vind waarom party van groente hou en ander nie.

Diegene wat groente eet, het gesê dat hulle ouers hulle die belangrikheid daarvan geleer het om groente, peulgroente en vrugte te eet. Maar diegene wat nie van groente hou nie, het dit as kinders nie baie dikwels geëet nie. Hulle het eerder gemorskos verkies. Selfs hulle het egter saamgestem dat groente belangrik is om gesond te bly.

Ouers, julle moet julle kinders leer om groente te eet! Hoe? Facts for Life, wat deur die Verenigde Nasies-kinderfonds uitgegee word, stel voor dat babas van ongeveer ses maande oud ten minste een keer per dag, nadat hulle aan die bors of met die bottel gevoed is, groente gegee moet word wat gekook, geskil en fyngemaak is. Hoe groter die verskeidenheid voedselsoorte, hoe beter is dit vir die kind. Hoewel melk gedurende die eerste twee jaar die belangrikste voedselbron is, sê dr. Vagner Lapate, ’n Brasiliaanse kinderspesialis, “sal dit die baba aanmoedig om nuwe smake te ontdek” as hy ander voedselsoorte gegee word.

In die boek Medicina—Mitos y Verdades (Geneeskunde—Mites en feite) stel Carla Leonel voor dat ’n mens ’n bietjie lemoensap, vrugtepuree (soos piesangs, appels en papaja), graankos en groentesop vroeër as wat hierbo gemeld word in die baba se dieet kan begin insluit. Aangesien menings hieroor verskil, sal dit natuurlik verstandig wees om jou kinderarts te raadpleeg.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel