Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 3/8 bl. 11
  • Die vreugdes van voëlkykery

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vreugdes van voëlkykery
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Voëlkykery—’n Fassinerende stokperdjie vir almal?
    Ontwaak!—1998
  • Wanneer voëls in geboue vasvlieg
    Ontwaak!—2009
  • ‘Hou die voëls noukeurig dop’
    Ontwaak!—2014
  • Wat kan ’n gevangene by ’n voël leer?
    Ontwaak!—2000
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 3/8 bl. 11

Die vreugdes van voëlkykery

HOE anders sou die wêreld tog nie sonder voëls gewees het nie! Hulle gekwetter, hulle sang, hulle verskillende kleure en vlug—dit alles dra by tot die pragtige verskeidenheid van lewe. Maar hoe dikwels staan ons stil om na hulle te luister en hulle dop te hou? As jy ’n stadsbewoner is wat omring word deur die gewoel van die daaglikse lewe en die lawaaierige verkeer, merk jy dalk nie eers die voëls in julle buurt op nie. Selfs al woon jy in die platteland, is dit maklik om hulle nie eers meer raak te sien nie. Maar sal jy graag die voëls in julle omgewing van naderby wil beskou?

Jy kan dit doen deur ’n eenvoudige voëlvoerder in jou tuin te plaas sodat dit naby ’n venster is. Al wat jy dan nodig het, is ’n verkyker en ’n kamera met ’n goeie zoemlens—en ’n bietjie geduld! Hou heelwat hoëspoedfilm byderhand en ’n goed geïllustreerde voëlgids vir identifikasie. Dan moet jy kyk, luister en dit geniet!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel