Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 5/22 bl. 31
  • Die “goud” van die Noorde

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “goud” van die Noorde
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Vasgevang in ’n goue traan
    Ontwaak!—2002
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2002
  • Wat maak die lewe werklik sinvol?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • ’n Paradys herwin van die woestyn
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 5/22 bl. 31

Die “goud” van die Noorde

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN POLE

SEDERT antieke tye is amber die goud van die Noorde genoem. Dit is as ’n handelsartikel in antieke Rome beskou. Trouens, keiser Nero het na bewering ’n edelman gestuur om amber in Pole te gaan koop. Wat het amberhandelaars in ruil daarvoor ontvang? Goud- en silwermuntstukke tesame met artikels vir alledaagse gebruik. Daar is al gesê dat die amberhandelsroete gedurende die eerste eeue van die Gewone Jaartelling ’n belangrike rol in die verspreiding van die Christelike godsdiens na Pole gespeel het.

Party het geglo dat amber towerkrag besit. Gevolglik is dit gebruik om amulette te maak—om glo geluk te bring, ’n mens teen onheil te beskerm en tydens jagtogte en gevegte te help. Amber is ook in die aanbidding van die dooies gebruik. Plat skywe, klein bylkoppe en beeldjies wat van amber gemaak is, is in son-, voorouer- en vrugbaarheidskultusse gebruik.

Amber het ook ’n belangrike rol in volksgeneeskunde gespeel. Mense het geglo dat hoof-, nek- en keelpyn verlig kon word deur stringe amberkrale om die nek te dra, en amberarmbande het blykbaar rumatieklyers gehelp. Verskeie rome, salwe, mengsels en aftreksels van amber wat met alkohol gemeng is, is ook gebruik. Selfs vandag glo party dat amber geneeskragtig is.

Amber strek werklik die Skepper van alle dinge, Jehovah God, tot eer. Die psalmis is met goeie rede geïnspireer om te verklaar: “Hoe talryk is u werke, o Jehovah! U het hulle almal in wysheid gemaak. Die aarde is vol van wat u voortgebring het.”—Psalm 104:24, NW.

[Foto-erkenning op bladsy 31]

Alle foto’s: Dziȩki uprzejmości DEJWIS COMPANY; Gdańsk-Polska

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel