Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g01 6/22 bl. 31
  • Wagwoorde—’n Sleutel tot veiligheid

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wagwoorde—’n Sleutel tot veiligheid
  • Ontwaak!—2001
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—2000
  • Internetbedrog—Is jy in gevaar?
    Ontwaak!—2012
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2001
  • Kuberaanval!
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ontwaak!—2001
g01 6/22 bl. 31

Wagwoorde—’n Sleutel tot veiligheid

“TIK asseblief jou wagwoord in.” Vir baie mense regoor die wêreld is hierdie woorde wat op ’n rekenaarskerm verskyn ’n wesenlike deel van die daaglikse lewe. Hetsy jy toegang tot jou persoonlike rekenaar verkry, jou sellulêre telefoon aanskakel, ’n kredietkaart gebruik of ’n alarm afskakel, wagwoorde, of PIN-nommers (persoonlike identifikasienommers), sorg dat toegang tot alledaagse funksies bewaak word.

Baie kantoorwerkers het tussen 3 en 5 wagwoorde net vir die werk, en na raming sal verbruikers binne tien jaar dalk meer as 100 wagwoorde gebruik! Aangesien wagwoorde so algemeen is, hoe kan jy een kies wat ingewikkeld genoeg is sodat dit veilig sal wees, maar wat eenvoudig genoeg is om te onthou?

Daar is basiese riglyne om in gedagte te hou. Eerstens die moenies. Moenie jou naam of dié van ’n gesinslid as ’n wagwoord gebruik nie, selfs nie in ’n gewysigde vorm nie. Moet ook nie jou voertuig se registrasienommer, jou telefoonnommer of jou adres gebruik nie. Sulke inligting kan maklik deur ’n vasbeslote rekenaarinbreker (hacker) gekry word.

Moet ook nie, indien moontlik, wagwoorde gebruik wat heeltemal uit letters of syfers bestaan nie. ’n Betreklik eenvoudige rekenaarprogram kan so ’n kode vinnig ontsyfer. Ten laaste, moenie ’n woord gebruik wat in ’n woordeboek, selfs ’n andertalige een, gekry kan word nie. Lang lyste is beskikbaar met woorde, plekname en eiename in alle tale. Programme kan variasies van hierdie woorde toets, soos wanneer hulle van agter af vorentoe gespel word, met hoofletters geskryf word of ’n kombinasie hiervan is.

Watter soort wagwoorde moet dus gebruik word? Gewoonlik wagwoorde wat ’n minimum van ses tot agt karakters en ’n kombinasie van hoofletters en kleinletters, syfers en leestekens het. Hoe moeilik is dit om so ’n kombinasie van karakters te ontsyfer? Een bron sê dat “dit ’n rekenaar wat eenmiljoen wagwoorde per sekonde kan toets . . . gemiddeld meer as honderd jaar sal neem”.

Hoe kan jy ’n kombinasie kies wat maklik is om te onthou? Party stel voor dat jy die titel van ’n geliefkoosde boek of film of ’n reël van ’n liedjie of gedig neem en die eerste letter van elke woord as jou wagwoord gebruik en dan hoofletters, leestekens of ander karakters byvoeg. Byvoorbeeld, “to be or not to be” kan “2B/not2B” word. Jy kan selfs ’n Bybelverwysing neem en dit as jou wagwoord gebruik. Die verwysing 1 Kronieke 9:27 kan dus “1Kro9:27” word.

Ander voorstelle is om konsonante met een of twee vokale af te wissel om ’n sinlose woord te vorm wat uitgespreek kan word. Byvoorbeeld, “QuiMSoPy,” of “WotyRuba”. Of ’n mens kan twee kort woorde neem en hulle met ’n leesteken verbind soos “Das?Oor” of “Lied;Boom”.

Hoewel nie alle wagwoorde dieselfde graad van veiligheid vereis nie en party programme dalk nie sekere karakters sal aanvaar of hoofletters herken nie, kan die wenke wat hierbo gegee is, jou help om belangrike inligting teen ongewenste indringers te beskerm. Onthou ook dat dit belangrik is om jou wagwoorde gereeld te verander. Net ’n laaste opmerking: Watter wagwoorde jy ook al kies om te gebruik, moenie enige van die bogenoemde voorbeelde kies nie.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel