Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 3/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2001
  • Die dagboek—’n Betroubare vriend
    Ontwaak!—2001
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 3/22 bl. 30

Van ons lesers

Haat My broer het my onlangs kom besoek. Ek het geen idee gehad dat hy ’n selferkende rassis is nie. Hy het van verskillende rasse gepraat en sy veragting vir hulle heftig uitgespreek. Ek wou hom help, maar ek het nie geweet hoe om die onderwerp te benader nie. Toe ek die nommer van 8 Augustus 2001 met die reeks “Verbreek die kringloop van haat” sien, het ek geweet dat dit ’n antwoord op my gebed was.

L. B., Verenigde State

Wat julle geskryf het, kan eenvoudig nie deur ’n redelike mens aanvaar word nie. Julle het gesê: “Die Bybel self sê dat onvolmaakte mense met slegte eienskappe en tekortkominge gebore word (Genesis 6:5; Deuteronomium 32:5). Daardie woorde is natuurlik op alle mense van toepassing.” Maar hierdie tekste is op spesifieke tye en op spesifieke plekke tot twee spesiale groepe gerig. Dit kan beslis nie op alle mense toegepas word nie.

D. C., Tsjeggiese Republiek

“Ontwaak!” antwoord: Dit is wel so dat hierdie woorde spesifiek op die mense wat voor die Vloed gelewe het en op die nasie Israel van toepassing was. Maar die Bybel sê herhaaldelik en duidelik dat ‘almal gesondig het en aan die heerlikheid van God te kort skiet’ (Romeine 3:23; 5:12; Job 14:4; Psalm 51:5). Die Israeliete en die mense wat voor die Vloed gelewe het, word dus as voorbeelde van menslike onvolmaaktheid aangegee.

Dagboeke Julle weet nie hoe bly ek was om die artikel “Die dagboek—’n betroubare vriend” (8 Augustus 2001) te ontvang nie. Ek is 20 jaar oud en hou al vandat ek 11 was, ’n dagboek. Julle kan julle voorstel hoe ek voel wanneer ek lees van my streke, my eerste tienerliefdes, my gediggies, my verleenthede en selfs die dag waarop ek gedoop is en die emosies wat ek daardie dag ervaar het.

L. C., Italië

As ’n slagoffer van kindermishandeling is ek deur my dagboek gehelp om myself beter te leer ken en om emosionele pyn te verwerk. Ek het opgemerk dat ek geestelik gegroei het.

E. L., Verenigde State

Skleroderma Ek het gister ’n noodoperasie ondergaan wat my heel moontlik met belemmerde sig in my linkeroog sal laat. Ek was geskok en neerslagtig. Toe ek by die huis kom, was die nommer van 8 Augustus 2001 daar met Marc Holland se verhaal, “My stryd teen skleroderma”. Sy reaksie op hierdie verskriklike siekte het my aangemoedig, veral sy geloof en vasbeslotenheid om in Jehovah se diens te volhard. Dit het my probleem baie minder ernstig laat lyk.

L. B., Verenigde State

Gebed Dankie vir die artikel “Jongmense vra . . . Hoe kan gebed my help?” (22 Julie 2001). Toe ek gelees het hoe gebed baie jongmense gehelp het om hulle probleme die hoof te bied, het dit my aangemoedig om openhartiger teenoor Jehovah te wees.

D. B., Italië

Die artikel het my gehelp om te besef dat ek ’n hegter verhouding met God nodig het. Op my ouderdom, 16, is dit uiters moeilik. Daar is baie versoekinge en portuurdwang. Ek wonder of daar ’n manier is waarop ek ’n Bybel kan kry.

M. A., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Reëlings is getref dat Jehovah se Getuies ons leser besoek en haar van ’n Bybel voorsien.

Ek het van jong Paul se woorde gehou, wat gesê het dat hy Jehovah gemoedsrus gevra het. Ek het Jehovah nog altyd gevra om my te help om gebalanseerd te bly in my daaglikse lewe en in die besluite wat ek moet maak. Nou sal ek ook gemoedsrus vra. Ons kan baie by ons jongmense leer. Ek is 62 jaar oud.

M. P., Australië

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel