Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 7/22 bl. 31
  • Nabootsers word bedreig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Nabootsers word bedreig
  • Ontwaak!—2002
  • Soortgelyke materiaal
  • Die wêreld se eensaamste voël
    Ontwaak!—1996
  • Die kleurvolle ara-papegaai
    Ontwaak!—2016
  • Australië se lawaaierige, lastige papegaaie
    Ontwaak!—1995
  • Die papegaaivis–’n Vis wat sand maak?
    Ontwaak!—2015
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 7/22 bl. 31

Nabootsers word bedreig

Deur Ontwaak!-medewerker in Brittanje

Papegaaie is “van die mees bedreigde voëls op aarde”, sê dr. Timothy Wright van die Universiteit van Maryland, VSA. Hulle helderkleurige vere en fassinerende vermoë om die mensestem na te boots, het ongelukkig daartoe bygedra dat hulle op die randjie van uitwissing is.

Dit is interessant dat ’n Griekse dokter van die vyfde eeu v.G.J. die oudste bekende verslag opgeteken het van ’n parkiet wat as ’n troeteldier aangehou is. Hy was verbaas toe die voël woorde begin sê het in Grieks sowel as in ’n taal van die land waarvandaan hy gekom het, Indië.

Vandag maak papegaaie se vermoë om klanke na te boots hulle baie gewild as troeteldiere, en dit dra by tot die onwettige handel in hierdie voëls. Studies van die afgelope 20 jaar toon dat wilddiewe 30 persent van die broeiplekke van 21 papegaaisoorte in 14 lande vernietig het, en vir 4 soorte was die syfer 70 persent. Omdat die voëls so stadig voortplant—hulle het gewoonlik net een broeisel eiers per jaar—en omdat hulle natuurlike habitat vernietig word, het die prys wat vir hulle betaal word, gestyg—hoe skaarser die papegaai, hoe hoër is die prys.

Verslae oor hoe min daar van sekere soorte oor is, toon watter ernstige gevaar hulle loop om uit te sterf. Volgens skatting is daar minder as 200 Lear-makao’s in Brasilië. Die Portorikaanse papegaai is nog slegter daaraan toe, met minder as 50 wat in die natuur oor is. Die bewaring van die Spix-makao, wat as uitgewis in die natuur beskou word, hang af van pogings om hulle in aanhouding te teel.

Solank daar nog van hierdie pragtige voëls is, getuig hulle van ’n Skepper wat ongetwyfeld behae skep in hulle besonderse voorkoms en merkwaardige vermoëns. Sal die mens se hebsug papegaaie laat uitsterf? Net die tyd sal leer. Intussen word hierdie nabootsers nog steeds bedreig.

[Prente op bladsy 31]

Portorikaanse papegaaie

Lear-makao

Spix-makao’s

[Erkennings]

Portorikaanse papegaaie: U.S. Geological Survey/Photo by James W. Wiley; Lear-makao: © Kjell B. Sandved/Visuals Unlimited; Spix-makao’s: Progenies of and courtesy of Birds International, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel