Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g02 8/8 bl. 3
  • Groot geleerdheid—maar min verandering

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Groot geleerdheid—maar min verandering
  • Ontwaak!—2002
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Nie altyd bereid om te leer nie
  • Tot watter mate kan jy die wetenskap vertrou?
    Ontwaak!—1998
  • Wanneer die wetenskap praat—Hoe luister jy?
    Ontwaak!—1998
  • Engele—Kan hulle ’n invloed op jou lewe hê?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Evolusie en jy
    Ontwaak!—1995
Sien nog
Ontwaak!—2002
g02 8/8 bl. 3

Groot geleerdheid—maar min verandering

“Ondanks die onlangse suksesse van die wetenskap het die mens die afgelope tweeduisend jaar nie veel verander nie; en gevolglik moet ons nog steeds uit die geskiedenis probeer leer.”—Kenneth Clark, Civilisation—A Personal View.

DAAR was beslis deur die eeue heen merkwaardige vooruitgang in die wetenskap. Die tydskrif Time sê dat dit “vir miljoene van ons die hoogste lewenstandaard in die geskiedenis gegee het”. Sommige van die grootste prestasies was op die gebied van die geneeskunde. In die Middeleeue “was die geneeskunde primitief en onmenslik”, sê die geskiedskrywer Zoé Oldenbourg. “’n Dokter kon net so maklik ’n lewe neem as wat hy dit kon red.”

Nie altyd bereid om te leer nie

Mense was nie altyd bereid om te leer nie. In die laat 19de eeu het baie dokters byvoorbeeld duidelike bewyse geïgnoreer dat hulle self op die een of ander manier siektes aan hulle pasiënte oorgedra het. Hulle het dus aan gevaarlike gebruike vasgeklou en geweier om hulle hande te was voordat hulle van die een pasiënt na die ander gegaan het.

En tog het die wetenskap en tegnologie nog steeds vooruitgang gemaak. Dit maak dus sin om te dink dat mense uit die geskiedenis moes geleer het hoe om die wêreld ’n gelukkiger, veiliger plek te maak. Maar dit is nie wat gebeur het nie.

Dink byvoorbeeld aan Europa in die 17de eeu. Daardie tydperk is beskryf as ’n era van verligting en die rede. Maar feit is dat daar volgens Kenneth Clark, “ondanks al die merkwaardige prestasies op die gebied van die kuns en die wetenskap, nog steeds sinlose vervolgings en onmenslike oorloë was waarin ongekende wreedhede gepleeg is”.

In ons tyd is mense nog steeds onwillig om uit die verlede te leer en sodoende dieselfde foute te vermy. Gevolglik lyk dit of ons voortbestaan op hierdie planeet bedreig word. Die skrywer Joseph Needham het tot die slotsom gekom dat die situasie so gevaarlik geword het dat ‘ons nou maar net kan hoop en bid dat maniakke nie magte teen die mensdom sal gebruik wat alle lewe op aarde kan uitwis nie’.

Waarom is ons, ondanks die mens se vindingrykheid en geleerdheid, nog steeds vasgevang in ’n wêreld vol geweld en wreedheid? Sal dit ooit verander? Die volgende twee artikels sal hierdie vrae beantwoord.

[Foto-erkennings op bladsy 3]

VOORBLAD: kanonne WO I: U.S. National Archives photo; Slagtingslagoffers WO II: Robert A. Schmuhl, courtesy of USHMM Photo Archives

Bladsye 2 en 3: B-17-bomwerper: USAF photo; vrou: Instituto Municipal de Historia, Barcelona; vlugtelinge: UN PHOTO 186797/ J. Isaac; ontploffing van 23 kiloton: U.S. Department of Energy photograph

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel