Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g03 5/22 bl. 31
  • Die “steilste straat”?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die “steilste straat”?
  • Ontwaak!—2003
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Kom klim saam met ons
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Deur doeltreffende straatgetuienis
    Ons Koninkryksbediening—1986
  • Bied die goeie nuus aan—Deur straatgetuieniswerk
    Ons Koninkryksbediening—1991
  • Straatgetuieniswerk wat doeltreffend is
    Ons Koninkryksbediening—2011
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Op straat en in sakegebied
    Ons Koninkryksbediening—1985
Sien nog
Ontwaak!—2003
g03 5/22 bl. 31

Die “steilste straat”?

◼ Wat is spesiaal omtrent Baldwinstraat in Dunedin, Nieu-Seeland? Dunedin beweer al lank dat hierdie straat die steilste straat in die wêreld is. Hoewel hierdie bewering al in twyfel getrek is, is een ding seker: Baldwinstraat is buitengewoon steil.

Hierdie bekende straat het ’n gewilde toeristebestemming vir besoekers uit alle wêrelddele geword. Nee, jy hoef nie ’n bergklimmer te wees om die bopunt te bereik nie. Jy kan teen hierdie straat van 359 meter oploop, maar motoriste word afgeraai om daarteen te probeer opry.

Kom klim saam met ons

Die son skyn helder terwyl ek en my twee metgeselle na die lang opdraand kyk wat voor ons lê. Ons begin loop, en kort voor lank hyg ons na ons asem terwyl ons vooroor leun om ons balans te behou. “Dis soos om ’n betonmuur te klim”, sê iemand. ’n Bank verskyn presies op die regte tyd, en ons kan ’n bietjie rus.

Ons klim verder en bereik gou die bopunt, waar ons die uitsig geniet terwyl ons ons asem terugkry. Onder ons is netjiese rye goed versorgde huise en tuine. Ver op die horison sien ons donkergroen inheemse bosveld aan die rand van welige weivelde—alles teen ’n agtergrond van blou lug.

Met die spoed waarteen ons die opdraand uitgeklim het, het ons nie enige rekord gebreek nie. Toe ons onder kom, het ons ’n foto van ons oorwinning geneem en toe die stad se Prestasiesertifikaat gaan haal wat sê dat ons die “wêreld se steilste straat” geklim het.—Bygedra.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel