Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 5/22 bl. 31
  • Hoe kan die son nog teen middernag skyn?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe kan die son nog teen middernag skyn?
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Wanneer die son nie opkom nie
    Ontwaak!—2008
  • ‘Somer en winter sal nooit ophou nie’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Buitengewone teleskoop onthul die son se geheime
    Ontwaak!—1990
  • Die uitsonderlike kenmerke van ons son
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 5/22 bl. 31

Hoe kan die son nog teen middernag skyn?

“HOE kan die son nooit ondergaan nie?” Ek is ’n Finse sendeling wat in Papoea-Nieu-Guinee dien en het al baie keer vrae soos dié gehoor. In die Trope verander die aantal dagligure nie veel van maand tot maand nie. En daarom kan die inwoners van die Trope hulle dit nouliks voorstel dat die son maande lank in die Noordpoolgebied nie ondergaan nie. En dit het baie selfs meer dronkgeslaan as ek probeer verduidelik het dat die son in die winter nooit opkom nie.

Hoe is dit dan dat die son teen middernag nog skyn? Hierdie merkwaardige verskynsel het te doen met die feit dat die aarde se rotasie-as teen ’n helling van 23,5 grade ten opsigte van die vertikaal bly terwyl die aarde sy jaarlikse reis om die son aflê. In die Noordelike Halfrond is die Noordpool gedurende die somer dus na die son gekantel, terwyl dit in die winter weg van die son gekantel is. Aangesien die aarde een keer per dag om sy as draai, gaan die son een nag per jaar by die Noordpoolsirkel—ongeveer 21 Junie—nie onder nie. Net so is daar een dag per jaar—ongeveer 21 Desember—wanneer die son nie opkom nie, hoewel die landskap in die middel van die dag dalk in dagbreekskemering gebaai sal wees.

Trouens, hoe verder noord jy bo die Noordpoolsirkel gaan, hoe meer someraande sal daar wees wanneer die middernagson skyn, terwyl meer winterdae geen sonlig sal sien nie. By die pole is daar ses maande dag en ses maande nag.a

Hoe slaap die inwoners van die poolgebiede in die somer, en hoe kom hulle deur die lang winternagte? In die verlede het mense van party kulture snags meer as twee keer solank gedurende die winter as gedurende die somer geslaap. Omdat baie ’n moderner lewenswyse aangeneem het, het daardie verskil gekrimp. Maar die lang somerdae veroorsaak nog steeds dat die bewoners van die Noorderland meer energie het. “Wanneer die son teen 11:00 nm. nog helder skyn, is ek net nie lus om bed toe te gaan nie”, sê Patrick, wat in Alaska woon. “Partykeer gaan sny ek die gras of gaan doen ek iets anders.”

Aan die ander kant kan maande van daglig of donkerte vermoeiend wees—fisies sowel as sielkundig. In die somer probeer party mense dus die lig uit hulle slaapkamer hou, en in die winter stel hulle hulle aan helder ligte bloot, sodat hulle genoeg slaap kan kry en uitputting en depressie kan teëwerk. Maar ten spyte van die uitdagings is inwoners en besoekers dit eens dat die middernagson ’n onvergeetlike ondervinding is.—Bygedra.

[Voetnoot]

a Dieselfde verskynsel kom in die Suidpoolgebied voor, maar die Suidpoolgebied het somer wanneer die Noordpoolgebied winter het.

[Diagram/Prente op bladsy 31]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

Aarde se gekantelde as plaas die pole in voortdurende sonlig in die somer en voortdurende donkerte in die winter (Voorbeeld in diagram is vir die Noordelike Halfrond)

Herfs ←

q● ● ● ● ●

Winter ● ◯ ●

→ Lente

● ● ● ● ●

Somer

Aarde draai een keer per dag om sy as

[Prente op bladsy 31]

Tydsverloopfoto van ’n middernagson

[Erkenning]

© Paul Souders/WorldFoto

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel