Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 8/22 bl. 24
  • Tapioka-crêpes—’n Brasiliaanse lekkerny

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Tapioka-crêpes—’n Brasiliaanse lekkerny
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2005
  • Kom ons eet kassawe!
    Ontwaak!—1993
  • “Die mens se nuttigste boom”
    Ontwaak!—1993
  • Een van die nuttigste neute op aarde
    Ontwaak!—2003
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 8/22 bl. 24

Tapioka-crêpes—’n Brasiliaanse lekkerny

Deur Ontwaak!-medewerker in Brasilië

IN Brasilië kan tapioka na ’n hele aantal produkte verwys wat van die kassaweplant gemaak word. Een daarvan is gewone platbrood. Hierdie brode lyk meer soos crêpes en word dikwels tapioka-crêpes genoem. Dit word van ’n fyn meel gemaak wat bekend staan as polvilho doce of goma, en word van die vlesige wortelstok van die kassaweplant verkry.

Wanneer die wortelstok gerasper en gepers word, lewer dit ’n melkwit vloeistof. Die vloeistof word eenkant gesit sodat die vaste stowwe daarin kan afsak. Die vloeistof word dan weggegooi, en die vaste stowwe, ’n styselagtige massa, word in die son gelos om droog te word.

Tapioka was ’n stapelvoedsel van die Indiane. Later het Portugese setlaars gevind dat tapioka ’n goeie plaasvervanger vir brood is. Maar dit was eers ’n paar jaar gelede dat tapioka onder die aandag van ’n paar vindingryke Brasiliaanse sjefs gekom het, en hulle het besluit om dit te omskep in ’n byderwetse item op hulle restaurante se spyskaarte.

Omdat hulle mense met ’n fyner smaak wou tevrede stel, het die sjefs met nuwe variasies van die crêpes vorendag gekom deur ’n ou gunsteling op vernuftige wyse op te kikker. Vandag is tapioka-crêpes ’n groot sukses, iets wat die Brasiliaanse kookkuns spesiaal maak. ’n Hele paar bekende restaurante het hulle beroemdheid te danke aan hulle crêpes.

Jy kan hierdie crêpes gerus self probeer maak. Jou familie en vriende sal dit geniet, en dit sal hulle iets nuuts gee om aan te smul.

[Venster/Prent op bladsy 24]

Hoe om tapioka-crêpes te maak

Bestanddele vir agt crêpes:

3 koppies polvilho doce, 1 1⁄2 koppies water en ’n bietjie sout.

Metode: Gooi die polvilho doce en die sout in ’n mediumgrootte bak en sprinkel water daaroor; meng dit met jou vingerpunte. Voeg geleidelik meer water by terwyl jy die mengsel tussen jou hande vryf totdat dit soos growwe broodkrummels lyk en jy dit in ’n bal kan vorm wat nie aan jou hande kleef nie. Druk die bal dan deur ’n sif. Nou kan jy crêpes daarmee maak.

Verhit ’n kleefvrye pan met ’n deursnee van 20 sentimeter oor medium tot lae hitte. Skep een agtste van die mengsel in die pan en versprei dit eweredig met die agterkant van ’n lepel. Bak dit twee tot vier minute lank, of totdat die mengsel klewerig raak en ’n plat koek vorm wat van die rand van die pan wegtrek. Draai om met ’n plastiekroerspaan en bak die ander kant ’n minuut lank. Herhaal hierdie proses met die res van die mengsel. Stapel die gaar crêpes opmekaar.

Die tapioka-crêpes kan ook met verskillende vulsels voorgesit word. Vir ontbyt kan jy botter daarop smeer terwyl dit nog warm is en dan twee eetlepels vars klapper wat gerasper is, daaroor strooi. Of jy kan versoete kondensmelk eweredig oor die crêpes gooi, klapper byvoeg, die crêpes vou en dit bedien.

[Prent op bladsy 24]

Kassawe- wortelstok

[Prent op bladsy 24]

’n Tapioka-crêpe met ’n vulsel van klapper en kondensmelk

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel