Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 10/22 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Gelukkige gesin – Verwoes en herbou
    Lewensverhale van Jehovah se Getuies
  • ’n Biochemikus verduidelik waarom hy aan God glo
    Ontwaak!—2013
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2006
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2005
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 10/22 bl. 30

Van ons lesers

Dien waar daar hulp nodig is Die artikel “As mense maar net geweet het!” (8 Januarie 2005) is presies wat ek nodig gehad het! In ’n samelewing waar druk op jongmense uitgeoefen word om materiële rykdom na te jaag, word ons aandag maklik daarvan afgetrek om Jehovah eerste te stel. Die welslae wat Davey behaal het deur te dien waar daar hulp nodig was, het my aangespoor om aan die einde van hierdie jaar aan ’n soortgelyke predikingswerk deel te neem.

C. G., Verenigde State

Ek stem heeltemal saam met Davey se woorde: “Daar is niks beters as om Jehovah met alles wat ons het, te dien nie.” Dit is regtig jammer dat nie alle jongmense dit verstaan nie! Ek is nie spyt dat ek besluit het om my jeugjare in Jehovah se diens deur te bring nie, en ek is van plan om, soos Davey, tot die einde toe ywerig te dien!

A. P., Rusland

Hetsy ons oud of jonk is, Davey se ywerige voorbeeld dwing elkeen van ons om te dink oor hoe ons ons lewe gebruik. Ek wil graag my waardering uitspreek teenoor Davey se ouers, wat hulle seun met liefde grootgemaak het. Hulle kan waarlik trots wees op hom!

L. C., Italië

Ek is 17 jaar oud, en op die oomblik leer ek ’n ambag. My hele lewe lê voor my. Davey se voorbeeld het my verder aangespoor om Jehovah my beste te gee en om in die toekoms as ’n voltydse evangeliedienaar te dien. Soos Davey, het ek ’n sterk begeerte om te gaan dien waar Jehovah se knegte nodig is. Ek weet dat dit die beste manier sal wees waarop ek my lewe kan gebruik.

R. I., Finland

Waar ek woon, is dit algemeen vir jongmense om ’n beroep na te streef of om net tyd aan hulle eie plesier te bestee. Ek is oortuig dat Davey se voorbeeld meer jongmense sal laat nadink oor hoe hulle hulle lewe gebruik en hoe belangrik dit is om hulle toewyding aan Jehovah na te leef.

J. O., Swede

Hierdie artikel het my weer na my geestelike doelwitte laat kyk. Ek het dit ’n ruk lank uit die oog verloor. Maar Davey se ondervinding het my laat nadink oor wat mense dalk van my sal sê as ek dood is. Dit het my ook gewys dat ek my bediening noukeurig moet ondersoek. Hou aan om sulke pragtige artikels te skryf.

S. K., Duitsland

Aangesien ons in ’n materialistiese samelewing lewe, het ons krag nodig om selfsugtige begeertes te weerstaan. Ek sal die goeie voorbeeld wat Davey gestel het, nie vergeet nie, en ek sal alles in my vermoë doen om daar te wees in die komende nuwe wêreld om vir hom dankie te sê dat hy my die waardevolle les geleer het dat ‘daar niks beters is as om Jehovah met alles wat ons het, te dien nie’.

O. G., Frankryk

Ek is tien jaar oud. Ek weet presies hoe Davey gevoel het, want ek pionier saam met my ouers in Taiwan. Hierdie artikel het my moed gegee. Dit is goed om te weet dat daar ander jongmense is wat dien waar daar hulp nodig is. Ek stem saam met Davey dat daar niks beters is nie!

J. R., Taiwan

Harpseeleeus Dankie vir die artikel “Sneeubabas van die Magdalena-eilande” (8 Januarie 2005). Ek was neerslagtig as gevolg van ’n langdurige gesondheidsprobleem. Maar dit het my opgebeur toe ek hierdie oulike diere sien. Dit het my met waardering en ontsag vir Jehovah se skeppingswerke vervul om meer oor hulle te leer. Dit het gevoel of ek my hand kan uitsteek en aan hulle kan raak! Ek dank Jehovah dat ek nóg iets het waarna ek in sy regverdige nuwe wêreld kan uitsien.

J. M., Japan

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel