Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g05 12/22 bl. 18
  • Russiese blini—Meer as net pannekoek

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Russiese blini—Meer as net pannekoek
  • Ontwaak!—2005
  • Soortgelyke materiaal
  • Van ’n straaltjie melk tot ’n lepel poeier
    Ontwaak!—1999
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2005
  • “Ons daaglikse brood”
    Ontwaak!—1992
  • Brunost—’n Noorweegse kaaslekkerny
    Ontwaak!—1997
Sien nog
Ontwaak!—2005
g05 12/22 bl. 18

Russiese blini—Meer as net pannekoek

Deur Ontwaak!-medewerker in Rusland

Die Franse het crêpes, die Skotte het bannock en die Amerikaners het flapjacks. Dit is dus nie verbasend nie dat die Russe hulle eie weergawe van die pannekoek het—blini, ’n tradisionele versnapering met ’n lang geskiedenis.

Die eertydse Slawiese volke het blini’s gebruik as voedselofferandes tydens hulle heidense rituele, en hulle het dit beskou as ’n gepaste simbool van die ronde, warm, goue son. Vroue wat kort tevore geboorte gegee het, is blini’s gegee om te eet. Dit is ook by troues en begrafnisse bedien, en dit was dus deel van mense se lewe van hulle geboorte tot hulle dood.

Vandag maak Russe blini’s gewoonlik van koringmeel, maar ander meel kan ook gebruik word. Die beslag word gewoonlik berei met melk of water of ’n mengsel van die twee. Maar dit kan ook met room, karringmelk, kefir (’n gegiste melkdrank), suurroom of enige ander melkproduk gemaak word. Om blini’s te bak, is ’n kuns, want elke blini moet so dun moontlik wees—geen maklike taak nie!

Daar word gesê dat dit ’n wetenskap is om die vulsel te maak. Die vulsel kan tuisgemaakte konfyt wees, byvoorbeeld van frambose, aarbeie, braambessies, rooi- of swartbessies of bosbessies (cranberries). Die vulsel kan ook gemaak word van ansjovis, haring, salm, sardientjies, sprotte, sampioene, maalvleis of maaskaas—apart bedien of in kombinasies. Maar die klassieke Russiese vulsel is rooi of swart kaviaar. En onthou, blini’s smaak die lekkerste wanneer dit warm uit die pan kom!

[Venster/Prent op bladsy 18]

RESEP VIR BOKWIETBLINI

Bestanddele

1 koppie bokwietmeel

1 koppie koringmeel

2 eetlepels droë gis

3 eetlepels botter, gesmelt

2 eiers

Sowat 3 koppies melk

2 eetlepels suiker

’n Knippie sout

Voorbereiding: Meng die bokwietmeel met ’n koppie melk. Verhit nog ’n koppie melk en voeg dit by die beslag terwyl jy dit goed meng. Wanneer die beslag afgekoel het, kan jy die droë gis inmeng. Laat die beslag rys totdat dit verdubbel het in grootte.

Klits die beslag met ’n houtlepel, en voeg die sout en suiker by. Skei die eiergele van die eierwitte. Voeg dan die eiergele, warm gesmelte botter en die koringmeel by die beslag en meng dit goed. Klits die eierwitte in ’n ander bak en voeg dit by die beslag asook die oorblywende melk soos nodig. Laat die beslag weer eens rys.

Verhit ’n braaipan en borsel dit liggies met olie of gesmelte botter. Gooi net genoeg van die beslag in om die pan se bodem te bedek; die lagie moet so dun as moontlik wees. Maak dit oor lae hitte gaar totdat die onderkant van die blini goudbruin is. Draai die blini om en maak dit vir nog 15 sekondes gaar. Skep dit in ’n bord en hou die blini’s warm terwyl jy die stappe herhaal met die oorblywende beslag. Bedien die blini’s bo-op mekaar.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel