Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/06 bl. 3
  • Kinderslagoffers van terrorisme

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kinderslagoffers van terrorisme
  • Ontwaak!—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Die bedreiging van terrorisme
    Ontwaak!—2001
  • Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?
    Nog onderwerpe
  • “Ek wou net my pos gaan haal het”
    Ontwaak!—2011
  • Vrede op aarde—Uiteindelik!
    Ontwaak!—2006
Sien nog
Ontwaak!—2006
g 6/06 bl. 3

Kinderslagoffers van terrorisme

Jy sien hulle in die skemer op die paaie van Noord-Uganda, duisende kaalvoetkinders. Hulle verlaat die plattelandse dorpies voor sononder en loop na groter stede, soos Gulu, Kitgum en Lira. Nadat hulle daar aangekom het, gaan hulle na geboue, bushaltes, parke en binnehowe. Wanneer die son opkom, sien jy hulle weer op die paaie, op pad huis toe. Waarom volg hulle hierdie vreemde roetine?

SOMMIGE noem hulle nagpendelaars. Maar hierdie jongmense gaan nie om nagskof te werk nie. Hulle verlaat hulle huis teen skemer, want wanneer dit donker word in die bos, is hulle huis ’n gevaarlike plek.

Guerrillamagte val al byna twee dekades lank plattelandse nedersettings in en ontvoer kinders. Elke jaar steel hulle honderde seuns en meisies uit hulle huis en verdwyn dan in die digte bos in. Die kinders word gewoonlik snags ontvoer en word deur die rebelle as jong soldate, bagasiedraers en seksslawe gebruik. As die ontvoerde kinders nie saamwerk nie, sny hulle ontvoerders dalk hulle neus of lippe af. Diegene wat probeer ontsnap en gevang word, word op die verskriklikste manier denkbaar doodgemaak.

Daar is ander jong slagoffers van terrorisme. Die verminkte tieners in Sierra Leone was kleuters toe mans hulle hande en voete met kapmesse afgekap het. Seuns en meisies in Afganistan speel met landmyne wat soos skoenlappers lyk, en hulle verloor hulle vingers of oë wanneer daardie kleurvolle speelgoed ontplof.

Party jongmense wat deur terrorisme geraak word, het ’n ander lot. Byvoorbeeld, in ’n terreuraanval in 1995 in Oklahoma City, VSA, was 19 van die 168 mense wat gesterf het, kinders, waarvan party nog in doeke was. Soos ’n rukwind flikkerende kerse uitdoof, het die bom die lewens van daardie arme kindertjies in ’n oogwink uitgewis. Die terreurdaad het hulle die reg ontneem om kinders te wees, te speel en te lag en in die arms van hulle ouers vertroetel te word.

Dit is onlangse gebeure, maar soos ons sal sien, teister terreurgeweld die mensdom al eeue lank.

VOORBEREIDING OP ’N KIND SE DOOD

“Vanoggend, toe ek my elfjarige seun wakker maak, het hy gevra: ‘Het vandag se terroriste-aanval al gebeur?’” Dit is wat die skrywer David Grossman geskryf het oor die geweld wat hulle land teister. Hy het verder gesê: “My seun is bang.”

In onlangse tye het soveel kinders in terreuraanvalle gesterf dat party ouers hulle voorberei op die gewelddadige dood van hulle kinders. “Ek sal nooit vergeet hoe ’n jong paartjie my eenkeer vertel het van hulle toekomsplanne nie”, het Grossman geskryf. “Hulle sou trou en drie kinders hê. Nie twee nie, maar drie, sodat daar twee sou oorbly as een sterf.”

Hulle het nie gesê wat hulle sou doen as twee van die kinders—of al drie—sou sterf nie.a

a Die aanhalings in hierdie deel is uit die boek Death as a Way of Life deur David Grossman.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel