Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/07 bl. 15
  • ’n Stem van die “Ewige Stad”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Stem van die “Ewige Stad”
  • Ontwaak!—2007
  • Soortgelyke materiaal
  • Rome in al sy gedaantes
    Ontwaak!—2001
  • Vrae van lesers
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hoe lank kan mense lewe?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
Ontwaak!—2007
g 8/07 bl. 15

’n Stem van die “Ewige Stad”

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN ITALIË

Die geluide en prag van Rome se talle fonteine het die Italiaanse komponis Ottorino Respighi beweeg om ’n suite genaamd “Die fonteine van Rome” te komponeer. Kom ons besoek een van die treffendste voorbeelde—die Trevi-fontein.

Terwyl ons met ’n nou straat langs loop wat na die fontein lei, gaan ons om ’n hoek, en ons word begroet deur ’n toneel wat ons asem wegslaan. Dit is die enorme Trevi-fontein, 20 meter breed en 26 meter hoog, wat ’n klein piazza oorheers. Wat ’n indrukwekkende struktuur is in hierdie beperkte ruimte genestel!

Die opdrag om die Trevi-fontein te bou, is deur pous Klemens XII gegee, en dit is deur die Italiaanse argitek Niccolò Salvi ontwerp. Die bouwerk is in 1732 begin en in 1762 voltooi. Die fontein kry sy water van die Aqua Virgo-akwaduk, wat uit die eerste eeu v.G.J. dateer en sowat 13 kilometer buite die stad begin.

Die fontein, wat teen die fasade van ’n paleis gebou is, het die see as tema. Die mitologiese figuur Okeanos (of, volgens party, Neptunus) staan trots in sy skulpvormige strydwa en beheer die water wat onder hom neerstort. Die water wat om die ander figure stroom en oor die rotse aan die onderkant tuimel, klink soos golwe wat op die strand breek. Die fonteinbak maak ’n groot deel van die piazza uit, wat die indruk skep dat die hele plein deel van die fontein is.

Honderde besoekers stroom elke dag in die plein in en gooi muntstukke in die fontein, wat een van Rome se grootste toeriste-aantreklikhede is. Die fontein word een maal per week gedreineer. Die geld wat toeriste daarin gooi, gemiddeld R78 000 per week, word dan bymekaargemaak en aan ’n godsdienstige liefdadigheidsorganisasie geskenk.

Indien die fonteine met die stem van die stad sing, soos Respighi geglo het, blink die Trevi-fontein uit as ’n solis—uitsonderlik onder die talle fonteine wat bewonder word deur besoekers aan Rome, die sogenoemde Ewige Stad.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel