Hoe sal jy antwoord?
Wat is verkeerd in hierdie prent?
Vind drie dinge in hierdie prent wat nie met die Bybelverslag in Genesis 7:1-9, 13-16, 23; 8:15-19 ooreenstem nie.
1. ․․․․․
2. ․․․․․
LEIDRAAD: Vergelyk Levitikus 11:3 en Deuteronomium 14:4.
3. ․․․․․
LEIDRAAD: Vergelyk Deuteronomium 14:7-19.
VIR BESPREKING:
Hoe het Noag se seuns en skoondogters hom gehelp? Hoe kan jy Noag se kinders navolg?
In hierdie nommer
Beantwoord hierdie vrae, en voorsien die ontbrekende Bybelvers(e).
BLADSY 6 Wat kan ’n man wat geld liefhet, nooit hê nie? Prediker 5:․․․
BLADSY 9 Wie sal gelukkig wees? Matteus 5:․․․
BLADSY 18 Wat moet ’n persoon nie doen wanneer hy bid nie? Matteus 6:․․․
BLADSY 28 Wat moet ons met al ons sorge doen? 1 Petrus 5:․․․
Prentejag vir kinders
Kan jy hierdie prente in die tydskrif vind? Beskryf in jou eie woorde wat in elke prent gebeur.
Wie is deel van Jesus se geslagslyn?
Kyk na die leidrade. Slaan die tekste na. Skryf dan die regte name in die spasies wat voorsien word.
4. ․․․․․
LEIDRAAD: Ondanks my vader se slegte voorbeeld was ek ’n koning wat “Jehovah bly aankleef” het.
Lees 2 Konings 18:1-6.
5. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek het my mag misbruik deur vreeslik baie onskuldige bloed te vergiet.
Lees 2 Konings 21:16.
6. ․․․․․
LEIDRAAD: Ek het my vader se slegte voorbeeld gevolg en is deur my eie knegte vermoor.
Lees 2 Konings 21:19-23.
◼ Antwoorde op bladsy 22
ANTWOORDE OP VRAE OP BLADSY 31
1. Die ark het nie ’n gepunte boeg en agterstewe gehad nie.
2. Noag het sewe “rein” diere, soos byvoorbeeld skape, in die ark ingeneem.
3. Noag het slegs twee van elke soort “onrein” dier in die ark ingeneem.
4. Hiskia.—Matteus 1:9.
5. Manasse.—Matteus 1:10.
6. Amon.—Matteus 1:10.