Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/09 bl. 28
  • Gee jou kinders ’n goeie begin in die lewe

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gee jou kinders ’n goeie begin in die lewe
  • Ontwaak!—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • TV—’n Tydrower?
    Ontwaak!—2006
  • Verstandige gebruik van die televisie
    Ontwaak!—2000
  • Voed jou kind van kleins af op
    Die geheim van gesinsgeluk
  • Ouers—Bereik julle kind se hart van kleins af
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1988
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 6/09 bl. 28

Gee jou kinders ’n goeie begin in die lewe

DEUR ONTWAAK!-MEDEWERKER IN KANADA

◼ “Die televisie kan ’n wonderlike leermiddel wees”, sê ’n berig in The New York Times. Maar “om ure lank passief voor die TV te sit, het ’n uiters negatiewe uitwerking op die liggaam en verstand van kinders” en ontneem hulle van geleenthede wat kreatiwiteit, leervermoëns en sosiale interaksie kan bevorder.

Nadat navorsers by Children’s Hospital in Seattle, Washington, VSA, die kykgewoontes van 2 500 kinders bestudeer het, het hulle “bevind dat hoe meer TV kleuters tussen die ouderdomme van een en drie kyk, hoe groter is hulle risiko om konsentrasieprobleme te hê teen die tyd dat hulle sewe is”, sê die koerant. Sulke kinders het al hoe aggressiewer en ongeduldiger geraak en kon nie lank konsentreer nie. Volgens die opvoedkundige sielkundige dr. Jane M. Healy “het baie ouers van kinders wat met aandaggebreksindroom gediagnoseer is, gevind dat die toestand baie verbeter het nadat hulle televisiekykvoorregte weggeneem het”.

Wat kan ouers doen om die tyd wat hulle kinders voor die TV deurbring, te verminder? Die berig het die volgende wenke gegee: Beperk wanneer en hoe lank jou kind elke dag televisie mag kyk. Moenie die TV as ’n kinderoppasser gebruik nie. Betrek jou kind eerder soveel moontlik by huishoudelike takies. Kies die programme waarna jou kind mag kyk, en skakel die televisie af wanneer daardie programme verby is. Kyk, wanneer moontlik, saam met jou kind na die programme wat jy gekies het, en gesels daaroor. Laastens moet jy jou eie televisiekykery beperk.

Dit verg tyd, vasbeslotenheid en selfdissipline om kinders te help om kreatiwiteit en sosiale vaardighede te ontwikkel. Die positiewe resultate is die moeite werd. ’n Eertydse spreuk beaam hierdie feit en sê: “Lei ’n seun op volgens die weg vir hom; ook as hy oud word, sal hy nie daarvan afwyk nie” (Spreuke 22:6). ’n Noodsaaklike deel van sulke opleiding behels dat ’n kind goeie sedelike waardes geleer word.

Jehovah se Getuies gebruik hulle boek Leer by die Groot Onderwyser met welslae om lesse oor aanvaarbare gedrag by hulle kinders in te skerp. Ja, goeie kommunikasie en die liefdevolle aandag van ouers gedurende ’n kind se vroeë jare, sal beslis blywende voordele meebring. Wat kan vir ouers bevredigender wees as om te sien dat hulle kinders gerespekteerde en verantwoordelike volwassenes word?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel