Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 6/09 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2009
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Bybelse naam opgegrawe
  • Tegnologie word teen misdaad gebruik
  • Eksters herken hulleself
  • Is die ekster werklik ’n dief?
    Ontwaak!—1994
  • ’n Seël ‘wat aan Jugal behoort’
    ie Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2006
  • Die polisie—Wat hou die toekoms vir hulle in?
    Ontwaak!—2002
  • Polisiebeskerming—Hoop en vrese
    Ontwaak!—2002
Sien nog
Ontwaak!—2009
g 6/09 bl. 29

Ons beskou die wêreld

◼ “Ons staar ’n baie ernstige probleem [die politieke krisis in Georgië] in die gesig . . . God is met ons en [die] Maagd Maria beskerm [ons], maar oor een ding is ons baie besorg—dat Ortodokse Russe bomme op Ortodokse Georgiërs gooi.”—DIE GEORGIESE KATOLIKOS-PATRIARG, ILLIA II.

◼ “Konsultasies om nood-geboortebeperkingsmiddels—die bekende nabehoedpil—te kry, het in die afgelope ses maande verdriedubbel, [en] sedert 2004 het verkope met meer as 200% gestyg. . . . Meer oproepe word op Maandae ontvang. Die meeste word deur adolessente gemaak.”—CLARÍN, ARGENTINIË.

◼ Amerikaanse selfoongebruikers tussen die ouderdomme van 13 en 17 “het in die tweede kwartaal [van 2008 elk] gemiddeld 1 742 SMS’e per maand gestuur of ontvang”.—THE NEW YORK TIMES, VSA.

◼ “Byna 12% van die wêreld se bevolking ly aan ’n geestesiekte.”—WÊRELDFEDERASIE VIR GEESTESGESONDHEID, VSA.

◼ “Daar word geskat dat een uit vyf Europese volwassenes al in hulle lewe met [dagga] geëksperimenteer het.”—EUROPESE MONITERINGSENTRUM VIR DWELMS EN DWELMVERSLAWING, PORTUGAL.

Bybelse naam opgegrawe

Argeoloë wat opgrawings in Jerusalem se eertydse Stad van Dawid doen, het ’n 2 600 jaar oue kleiseël, of bul, gevind met die naam “Gedalja, die seun van Pasgur” daarop. Gedalja word in die Bybel in Jeremia 38:1 gemeld, saam met Jehugal—wat “Jugal [verkorte vorm van Jehugal], die seun van Selemja” genoem word—wie se naam in 2005 in dieselfde omgewing op ’n kleiseël gevind is. Die twee manne was amptenare aan die hof van koning Sedekia. The Jerusalem Post berig: “Dit is die eerste keer in die geskiedenis van argeologie in Israel dat twee kleiseëls met twee Bybelname wat in dieselfde vers in die Bybel verskyn, op dieselfde plek opgegrawe is.”

Tegnologie word teen misdaad gebruik

Die meeste noodversoeke wat mense aan New York se polisiedepartement rig, word per telefoon ontvang. Vooruitgang in tegnologie het dit onlangs moontlik gemaak om die polisie deur middel van SMS’e te kontak. “Burgers word nou aangemoedig om misdade wat gepleeg word, op hulle selfone te verfilm en die video’s vir die polisie te stuur”, berig The New York Times. Volgens die koerant word stappe ook gedoen “om die Sentrum vir Intydse Misdaadinligting in staat te stel om foto’s na alle patrolliemotors in die omgewing van die misdaad te stuur”.

Eksters herken hulleself

“Daar is gemeen dat net sjimpansees, dolfyne en olifante dieselfde vermoë as mense het om hulle eie liggaam in ’n spieël te herken”, sê ’n berig deur Reuters. Nou word Eurasiese eksters ook erken as lede van hierdie “klub”, wat oor die algemeen as eksklusief beskou is. Navorsers het ’n gekleurde kol op die liggame van eksters gemaak wat hulle net in ’n spieël kon sien. “Die voëls het kort-kort die merk op hulle liggaam gekrap, wat bewys dat hulle besef het dat die beeld hulle eie weerkaatsing en nie ’n ander dier is nie”, sê die berig.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel