Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 5/10 bl. 29
  • Wat is in ’n hartklop?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is in ’n hartklop?
  • Ontwaak!—2010
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Miljard hartslae
  • Daardie verbasende orgaan—ons hart!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Die wonders van die bloedsomloopstelsel
    Ontwaak!—2001
  • Vasbeslote om Jehovah met ’n volkome hart te dien
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Spiere—meesterstukke van ontwerp
    Ontwaak!—1999
Ontwaak!—2010
g 5/10 bl. 29

Wat is in ’n hartklop?

● Jou hart is die middelpunt van jou bloedsomloopstelsel en is ’n buitengewoon harde werker. As jy ’n volwassene is, klop jou hart waarskynlik meer as 100 000 keer per dag. Selfs wanneer jy rus, werk jou hartspiere hard—om die waarheid te sê, twee keer harder as jou beenspiere wanneer jy hardloop. En wanneer nodig, kan jou hart sy tempo binne vyf sekondes verdubbel. By volwassenes wissel die hoeveelheid bloed wat die hart pomp tussen 5 liter per minuut—die liggaam bevat ongeveer 5 liter bloed—tot 20 liter per minuut tydens oefening.

Jou hartklop word beheer deur ’n senuweestelsel waarvan die ontwerp al tereg as verstommend beskryf is. Hierdie stelsel verseker dat die boonste hartkamers (atria) voor die onderste hartkamers (ventrikels) saamtrek deur die sametrekking van laasgenoemde met ’n fraksie van ’n sekonde te vertraag. Interessant genoeg, die lab-dap-geluid wat dokters met behulp van hulle stetoskoop hoor, kom van hartkleppe wat toemaak en nie van die sametrekking van hartspiere nie.

’n Miljard hartslae

Oor die algemeen is ’n dier se hartklop omgekeerd eweredig aan sy liggaamsgrootte—dit wil sê, hoe groter die dier, hoe stadiger die hartklop. Byvoorbeeld, ’n olifant se hart klop gemiddeld 25 keer per minuut, terwyl dié van ’n kanarie feitlik gons teen ongeveer 1 000 slae per minuut! Die mens se hart klop teen ongeveer 130 slae per minuut by geboorte, waarna dit afneem tot omtrent 70 slae per minuut tydens volwassenheid.

Dit wil voorkom asof die meeste soogdiere ’n lewensverwagting van min of meer ’n miljard hartslae het. Daarom sal ’n muis, met 550 hartslae per minuut, dalk byna 3 jaar lank leef; terwyl ’n blouwalvis, met 20 hartslae per minuut, dalk langer as 50 jaar sal leef. Die mens is ’n uitsondering. Te oordeel na ons hartklop behoort ons lewensduur omtrent 20 jaar te wees. Maar ’n gesonde mensehart kan driemiljard keer of meer klop en dus langer as 70 of 80 jaar aan die gang bly!a

Hoe dit ook al sy, nie een van ons wil ons lewensduur tot ’n bepaalde aantal hartslae beperk nie, want die mens smag in sy diepste wese daarna om vir ewig te lewe. Trouens, dit is ’n natuurlike begeerte omdat God dit in ons geplaas het. Wat meer is, die tyd kom vinnig nader wanneer sonde—die oorsaak van die dood—verwyder gaan word (Romeine 5:12). Gevolglik ‘sal die dood daar nie meer wees nie’, sê Openbaring 21:3, 4.

[Voetnoot]

a Dit is benaderde syfers. Die hartklop sowel as die lewensduur van individuele wesens kan heelwat van die gemiddelde verskil.

[Diagram/Prent op bladsy 29]

(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)

MODEL VAN ’N HART

Regter-atrium

Linker-atrium

Regter-ventrikel

Linker-ventrikel

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel