Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 9/10 bl. 30
  • Van ons lesers

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Van ons lesers
  • Ontwaak!—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Geluidlose stem wat gehoor kan word
    Ontwaak!—2008
  • Inhoudsopgawe
    Ontwaak!—2009
  • Aborsie—Is dit die oplossing?
    Ontwaak!—1995
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—1993
Sien nog
Ontwaak!—2010
g 9/10 bl. 30

Van ons lesers

Groter seëninge as rykdom (Maart 2009) Die artikel het Kostas aangehaal, wat gesê het: “God wil nie hê dat ons in weelde moet lewe nie.” Ek het gedink dat Jehovah geen beperking plaas op hoe baie of hoe min een van sy knegte kan besit nie, solank Hy eerste gestel word. Is dit verkeerd om in weelde te lewe terwyl ’n mens Jehovah getrou dien?

J. D., Verenigde State

“Ontwaak!” antwoord: Rykdom word nie in die Bybel veroordeel nie. Trouens, baie van God se eertydse knegte was ryk (Genesis 25:5; 26:12-16; Job 1:1-3). Maar dié wat ryk is, moet onthou dat ’n ‘spoggerige vertoon van ’n mens se lewensmiddele nie ’n oorsprong by die Vader het nie, maar ’n oorsprong by die wêreld het’ (1 Johannes 2:16). Ook het die apostel Paulus gesê: “Die liefde vir geld is ’n wortel van allerhande skadelike dinge.” Hy het gemeld dat ‘party van die geloof af op ’n dwaalspoor gebring is en hulleself oral met baie pyne deurboor het’ omdat hulle geestelike belange opgeoffer het weens ’n begeerte om ryk te wees (1 Timoteus 6:10). God se Woord toon nie dat diegene wat ryk is, skuldig moet voel omdat hulle meer as ander het nie. Christene word aangemoedig “om vrygewig te wees, mededeelsaam”, ongeag hoe min of hoe baie materiële besittings hulle het.—1 Timoteus 6:18.

’n Geluidlose stem wat gehoor kan word (Oktober 2008) Hierdie artikel oor Hillary, wat Rett-sindroom het, het my werklik aangemoedig. My vyfjarige kleinkind kan nie sien, hoor, loop, praat of sit nie. Nou hoop ek dat iets in sy brein gebeur wanneer ek sing, lees, praat en hom streel of masseer. Ek het gehuil toe ek die woorde van Hillary se ma gelees het: “Jehovah kan hoor wat sy sê, al kan ék nie.” Dit het my help besef dat Jehovah die stem van my kleinkind se hart kan hoor, al kan hy nie praat nie.

M. A., Japan

My dogter is 43 jaar oud, maar dit is die eerste artikel wat ek gelees het wat werklik lig werp op haar toestand en die redes vir haar gestremdheid. My hart gaan uit na Hillary en haar ma en suster. Al woon ons duisende kilometer van mekaar af, het ek baie simpatie met hulle, en ek waardeer hulle voorbeeld van geloof, liefde en volharding.

T. Y., Ghana

Aborsie—Nie ’n probleemvrye oplossing nie (Junie 2009) Dankie vir julle reeks artikels oor aborsie. Toe ek in my 20’s was, het ek besluit om ’n aborsie te kry, en ek is bitter spyt daaroor. As ek nie nou die waarheid geken het nie, sou ek hopeloos gevoel het. Ek is so dankbaar dat ek ’n hoop het en weet dat Jehovah vergewensgesind is.

Naam weerhou, Verenigde State

Jongmense vra . . . Hoe kan ek die dood van ’n ouer verwerk? (Augustus 2009) Ek is net 22, en my pa se dood het so vinnig en onverwags gekom dat dit my heeltemal verpletter het. Soos die artikel getoon het, sal ek ’n leemte voel omdat ek nie die belangrikste oomblikke van my lewe met hom kan deel nie. Ná drie jaar is dit nog steeds vir my moeilik om met my lewe aan te gaan. Ten spyte hiervan het die artikel my baie vertroos. Die wenke wat dit gegee het, was moeilik om toe te pas, maar het baie gehelp. Dankie vir die uitstekende werk wat julle doen.

N. P., Frankryk

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel