Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 4/11 bl. 27
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • “’n Onaangename geskiedenis”
  • Water op die maan
  • Outomatiese verkoopmasjiene met goudstawe
  • Goud—die geheimsinnige bekoring daarvan
    Ontwaak!—1998
  • Die blywende aantrekkingskrag van goud
    Ontwaak!—2005
  • Ons beskou die wêreld
    Ontwaak!—1997
  • Die goud wat berge versit het
    Ontwaak!—2001
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 4/11 bl. 27

Ons beskou die wêreld

“Meer as die helfte van Russe meen dat die omkopery van amptenare die beste manier is om ‘probleme op te los’.”—DIE REUTERS-NUUSDIENS, RUSLAND.

“’n Opname het getoon dat 17,5 persent van Chinese volwassenes aan geestesiektes ly . . . Vroue is meer geneig om aan gemoeds- en angssteurnisse te ly as mans.”—CHINA DAILY, CHINA.

“Volgens nuwe skattings deur die Nasionale Veiligheidsraad word ten minste 28% van alle verkeersongelukke in Amerika—of 1,6 miljoen ongelukke elke jaar—veroorsaak deur bestuurders wat selfone gebruik of wat SMS’e stuur of lees.”—UC BERKELEY WELLNESS LETTER, VSA.

“’n Onaangename geskiedenis”

“Die Report of the Commission to Inquire Into Child Abuse openbaar dat Ierland ’n onaangename geskiedenis het”, sê The Irish Times. Volgens die koerant lê hierdie verslag ’n geskiedenis bloot wat bevlek is deur die voortdurende mishandeling van kinders in Katolieke godsdiensinstellings, wat wissel van “die slaan van kinders om hulle te straf omdat hulle hare vol luise is” tot volgehoue seksuele molestering. Die mishandeling is geïgnoreer weens misplaaste lojaliteit teenoor “die absolute gesag van die Katolieke Kerk”, sê die koerant. “Skaam julle, Regering en Kerk”, het ’n opskrif in die Times gesê, wat die woorde aangehaal het van iemand wat met die slagoffers gesimpatiseer het.

Water op die maan

Wetenskaplikes wat ’n meerstukvuurpyl teen die maan se oppervlak laat bots het, sê dat hulle water in die stofwolk opgespoor het. Die wolk is bestudeer deur middel van spektrometers—instrumente wat die samestelling van materiale ontleed deur die golflengtes van die lig wat hulle absorbeer of uitstraal, te isoleer. “Ons ontrafel die geheime van ons naaste buurplaneet en by uitbreiding van die sonnestelsel”, sê Michael Wargo, hoofmaanwetenskaplike by NASA se hoofkantoor in Washington, DC. Onlangser het ’n maanverkenningstuig aan die lig gebring dat daar miljoene tonne water by die maan se noordpool is.

Outomatiese verkoopmasjiene met goudstawe

Op verskeie plekke in die wêreld kan goudstawe nou by die lang lys produkte gevoeg word wat by outomatiese verkoopmasjiene gekoop kan word. Byvoorbeeld, ’n hotel in Abu Dhabi, in die Verenigde Arabiese Emirate, het ’n masjien geïnstalleer wat 320 items te koop aanbied, insluitende goudstawe met ’n gewig van tot 10 gram en spesiale goue muntstukke. Goudpryse word elke tien minute bygewerk, met behulp van ’n rekenaarverbinding met internasionale markte. Aanvanklik het die masjien net die plaaslike geldeenheid aanvaar, maar ’n kredietkaartopsie is beplan. Daar is besluit om goud hier te verkoop “weens die hoë aanvraag na goud in dié gebied”, sê ’n Reuters-verslag.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel