Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 10/11 bl. 29
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2011
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Ouers vergeet hoe om te speel
  • Slaaptydstories
  • Jou rol as ouer
    Ontwaak!—2004
  • Is spelers in gevaar?
    Ontwaak!—2002
  • Moet ek elektroniese speletjies speel?
    Ontwaak!—2008
  • Moet ek rekenaar- of videospeletjies speel?
    Ontwaak!—1996
Sien nog
Ontwaak!—2011
g 10/11 bl. 29

Ons beskou die wêreld

Sowat 17 persent van Brasiliaanse skoolkinders tussen die ouderdomme van 10 en 13 is betrokke by afknouery—óf as slagoffers óf as afknouers.—O ESTADO DE SÃO PAULO, BRASILIË.

Hoë bloeddruk, hoë cholesterol, nierstene en lewerprobleme word nou by kinders jonger as 12 gediagnoseer. Die hoofoorsake? ’n Onaktiewe lewenstyl, te veel gemorskos en oorgewig.—ABC, SPANJE.

Die koste om ’n kind wat in 2008 gebore is, tot op 18-jarige ouderdom groot te maak in ’n middelinkomstegesin in die Verenigde State, is volgens ’n regeringskatting “omtrent $221 190 [R1 466 500] ($291 570 [R1 933 100] as inflasie bygereken word)”.—DIE VERENIGDE STATE SE DEPARTEMENT VAN LANDBOU, VSA.

Ouers vergeet hoe om te speel

Volgens ’n onlangse opname sê ’n vyfde van die ouers in Brittanje dat hulle vergeet het “hoe om met hulle kinders te speel”. ’n Derde erken dat dit vir hulle vervelig is om te speel, terwyl ander nie genoeg tyd of idees het nie. Aangaande hierdie bevinding sê professor Tanya Byron, ’n kliniese sielkundige, dat ’n suksesvolle speeltyd tussen ouers en kinders gekenmerk word deur vier sleutelelemente: dit moet leersaam wees, die kind inspireer, hom sosiale vaardighede leer en kommunikasie bevorder. Hoewel 1 uit 3 ouers verkies het om rekenaarspeletjies saam met hulle kinders te speel, verkies die oorgrote meerderheid van kinders om dit alleen te speel. Van die speletjies wat die meeste 5- tot 15-jariges saam met hulle ouers wil speel, is buitelugspeletjies en bordspeletjies.

Slaaptydstories

’n Internetdiens bied hulp aan vaders wat te besig is om self slaaptydstories vir hulle kinders te lees. “Hipertegnologiese sagteware neem die stem van vaders op wat ’n slaaptydstorie lees, voeg musiek en klankeffekte by en e-pos ’n oudiolêer aan die kind”, verduidelik Sydney se Daily Telegraph. Verhoudingsdeskundiges is egter skepties. “Lees behels baie dinge wat ’n verhouding bou”, sê dr. Richard Fletcher, die leier van ’n navorsingsprogram oor gesinne by die Universiteit van Newcastle, Australië. Dit sluit in dat vaders interaksie met hulle kinders het, hulle liefkoos en saam met hulle lag. Geen e-pos kan dieselfde voordele bied as om fisies by jou kind te gaan sit en vir hom te lees nie, sê Fletcher.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel