Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/12 bl. 2-3
  • Geweld benadeel ons almal

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Geweld benadeel ons almal
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • Sal terrorisme ooit tot ’n einde kom?
    Nog onderwerpe
  • Hoe beskou God geweld?
    Ontwaak!—2002
  • Terrorisme—Die einde is naby!
    Ontwaak!—2001
  • Is ’n wêreld sonder geweld moontlik?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2016
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 8/12 bl. 2-3

Geweld benadeel ons almal

WIE is nog nooit deur geweld geraak nie? Ons sien dit heeltyd in nuusberigte. Ons vrees dit op straat en by die werk, en kinders kom daarvoor te staan wanneer hulle op skool geboelie word. Selfs by die huis, waar mense gewoonlik veilig voel agter geslote deure, voel miljoene—veral vroue—onveilig. Trouens, in party lande het tot 70 persent van vroue gesê dat hulle al aangerand is deur iemand met wie hulle ’n intieme verhouding gehad het.

In baie lande vrees mense gewelddadige politieke of maatskaplike oproere of selfs terrorisme. Hierdie vrese word weerspieël deur die feit dat elektroniese waarneming in party lande toegeneem het, veral in dié wat al ’n teiken van terrorisme was.

Gevolglik floreer die videowaarnemingsindustrie—ten spyte van die wêreldwye ekonomiese insinking. Wie betaal hiervoor? Op die ou end betaal óns, in die vorm van belasting en ander heffings. En hierdie koste sal waarskynlik toeneem namate sekuriteitsmaatreëls intensiewer, omvattender en duurder word.

Die ontstellende gevolge van geweld moet ons laat nadink oor ons eie sedelike waardes en opvattings. Die volgende artikels sal hierdie vrae bespreek: Watter rol speel die media in die toename in geweld? Watter faktore kan ons gesindheid teenoor geweld beïnvloed? Hoe kan ons ons teen negatiewe invloede beskerm?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel