Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 12/12 bl. 16-18
  • Wat is ’n ware man?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat is ’n ware man?
  • Ontwaak!—2012
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Laat jou vooruitgang duidelik wees’
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1992
  • Hoe kan vaders na aan hulle seuns bly?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2011
  • Is ons meer as net vriende?—Deel 2
    Ontwaak!—2012
  • Is hierdie persoon reg vir my?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 2
Sien nog
Ontwaak!—2012
g 12/12 bl. 16-18

Jongmense vra

Wat is ’n ware man?

“My pa is oorlede toe ek drie jaar oud was. Soms voel ek jaloers op seuns wat grootgeword het met ’n pa in hulle lewe. Dis asof hulle baie meer selfvertroue het as ek.”—Alex.a

“Ek het nie juis ’n verhouding met my pa nie. Ek moes self leer wat dit beteken om ’n ware man te wees.”—Jonathan.

KAN jy jou vereenselwig met die jong mans wat hierbo aangehaal word? Is jy om die een of ander rede bang dat jy nooit sal leer wat dit beteken om ’n ware man te wees nie? Indien wel, moenie moed verloor nie!

Kyk hoe jy twee algemene uitdagings die hoof kan bied.

UITDAGING 1: Verkeerde idees oor manlikheid

Wat party mense sê:

  • Ware mans is taai; hulle huil nie.

  • Ware mans laat niemand vir hulle sê wat hulle moet doen nie.

  • Mans is beter as vroue.

’n Ander beskouing: ’n Man is die teenoorgestelde van ’n seun—nie die teenoorgestelde van ’n vrou nie. Jy word ’n ware man wanneer jy die eienskappe van ’n kind aflê. Die Christenapostel Paulus het geskryf: “Toe ek ’n klein kindjie was, het ek soos ’n klein kindjie gepraat, soos ’n klein kindjie gedink, soos ’n klein kindjie geredeneer; maar noudat ek ’n man geword het, het ek die eienskappe van ’n klein kindjie afgelê” (1 Korintiërs 13:11). Met ander woorde, hoe meer jy kinderlike denke, spraak en gedrag met volwasse denke, spraak en gedrag vervang, hoe duideliker sal dit word dat jy ’n ware man is.b

Probeer die volgende: Skryf jou antwoorde op die volgende vrae op ’n stuk papier neer:

  1. Op watter gebiede het ek reeds vordering daarin gemaak om “die eienskappe van ’n klein kindjie” af te lê?

  2. Op watter gebiede kan ek verbeter?

Voorgestelde leesgedeelte: Lukas 7:36-50. Kyk hoe Jesus getoon het dat hy ’n ware man is deur (1) sy standpunt in te neem vir wat reg is en (2) ander mense—insluitende vroue—met respek te behandel.

“Ek bewonder my vriend, Ken. Hy is ’n sterk man—fisies, emosioneel en geestelik—maar hy is ook liefdevol. Uit sy voorbeeld het ek geleer dat ’n ware man nie ander verkleineer net om homself goed te laat lyk nie.”—Jonathan.

UITDAGING 2: Geen voorbeeldige vaderfiguur nie

Wat party mense sê:

  • As jou pa nie deel is van jou lewe nie, sal jy nooit regtig leer wat dit beteken om ’n man te wees nie.

  • As jou pa ’n slegte voorbeeld gestel het, sal jy dieselfde foute maak as hy.

’n Ander beskouing: Selfs as jou kinderjare nie juis ideaal was nie, is jy nie tot mislukking gedoem nie! Jy kan bo jou omstandighede uitstyg (2 Korintiërs 10:4). Jy kan kies om koning Dawid se raad aan sy seun Salomo te volg: “Jy moet sterk wees en wys dat jy ’n man is.”—1 Konings 2:2.

Toegegee, dit kan moeilik wees om groot te word met ’n pa wat nie omgee nie—of heeltemal sonder ’n pa. “As jy nie jou pa ken nie, het jy ’n groot agterstand in die lewe”, sê Alex, wat aan die begin aangehaal is. “Ek is 25, maar dit voel asof ek nou eers dinge leer wat ek al in my vroeë tienerjare moes geleer het.” Wat kan jy doen as jy soos Alex voel?

Probeer die volgende: Kry ’n mentor—iemand wat ’n goeie voorbeeld stel as ’n man.c Vra hom watter eienskappe hy meen ’n ware man beslis moet hê. Vra hom dan hoe jy hierdie eienskappe kan aankweek.—Spreuke 1:5.

Voorgestelde leesgedeelte: Spreuke hoofstukke 1-9. Let op die vaderlike raad wat ’n seun kan help om ’n wyse, geestelike man te word.

“Ek is trots op die soort man wat ek word. Hoewel ek wens dat my pa my hiermee kon help, voel ek optimisties oor die toekoms. Ek is daarvan oortuig dat ek nie tot mislukking gedoem is nie.”—Jonathan.

Ná die Ontwaak! vir Desember 2012 sal “Jongmense vra”-artikels slegs aanlyn beskikbaar wees

a Van die name in hierdie artikel is verander.

b Sien die venster “Seun teenoor man”.

c Ouer manne in die Christengemeente kan goeie mentors wees.

Ian—Om ’n man te wees, beteken nie net dat jy jou soos ’n man gedra nie, maar ook dat jy bereid is om hard te werk, jou emosies te beheers en verantwoordelikheid vir jou dade te aanvaar.

SEUN TEENOOR MAN

’n Kind kan dikwels . . .

  • ongemanierd wees.

  • egosentries wees.

  • behep wees met pret.

  • oorheers word deur sy emosies.

’n Ware man streef daarna om . . .

  • respekvol te wees.—Romeine 12:10.

  • selfopofferend te wees.—1 Korintiërs 10:24.

  • verantwoordelik te wees.—Galasiërs 6:5.

  • sy emosies te beheers.—Spreuke 16:32.

VRA JOU OUERS

Hoe sal julle ’n ware man beskryf? Hoe vaar ek wat volwassenheid betref?

’N WOORDJIE AAN OUERS

VADERS—

Jou seun sal sy idee van wat dit beteken om ’n man te wees, grotendeels op jou voorbeeld grond. As jy jou vrou met respek behandel, leer jy jou seun om vroue met respek te behandel. As jy hard werk om vir jou gesin te sorg—al verg dit dat jy nederige of uitputtende werk moet doen—leer jy jou seun om hard te werk en verantwoordelik te wees.—1 Timoteus 5:8.

Miskien het jy nie ’n baie goeie verhouding met jou pa gehad nie. Dalk het jou pa nie ’n goeie verhouding met sy pa gehad nie. Maar onthou: Jy kan die kringloop verbreek. Moenie hierdie geleentheid laat verbygaan nie! Besluit dat jy ’n hegte verhouding met jou seun gaan behou.d Stel vir hom ’n goeie voorbeeld, en hy sal heel moontlik ’n ware man word—’n man wat jy met trots jou seun sal noem.—Spreuke 23:24.

MOEDERS—

Hoe kan jy jou seun help om ’n ware man te word? Moenie ongunstige vergelykings tref tussen hom en jou man nie. Gestel jou seun maak ’n fout wat jou aan jou man herinner. Jy kom dalk in die versoeking om te sê: “Hou op! Jy’s nou net soos jou pa!” Jy moet jou seun weliswaar raad gee as hy ’n fout maak. Maar onthou: As jou woorde of dade impliseer dat alles wat jou man doen, verkeerd is, sal jy dalk onwetend jou seun se groei tot volwassenheid belemmer.

Ondersteun jou man se pogings om by sy seun se lewe betrokke te wees. Spoor hulle aan om tyd saam deur te bring en soek na geleenthede om die aandag te vestig op jou man se goeie eienskappe en die goeie dinge wat hy doen. Werk hy hard om vir die gesin te sorg? Bring hy tyd saam met sy kinders deur? Behandel hy ander met respek? Sê vir jou seun hoeveel jy hierdie dinge waardeer. Sulke kommentare sal jou seun help om te leer uit die goeie aspekte van sy vader se voorbeeld.

d Vir meer inligting, sien die artikel “Hoe kan vaders na aan hulle seuns bly?” in die Die Wagtoring van 1 November 2011, uitgegee deur Jehovah se Getuies.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel