Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g 8/14 bl. 7
  • Ons beskou die wêreld

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons beskou die wêreld
  • Ontwaak!—2014
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Wêreld
  • Brittanje
  • Rusland
  • Afrika
  • Verenigde State
  • Lug
    Ontwaak! – 2023
  • Die aarde se kwynende hulpbronne
    Ontwaak!—2005
  • Wat doen die mens aan die aarde?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Besoedeling—Wie veroorsaak dit?
    Ontwaak!—1990
Sien nog
Ontwaak!—2014
g 8/14 bl. 7

ONS BESKOU DIE WÊRELD

Wêreld

’n Baba

“Elke jaar sterf byna 3 miljoen babas gedurende die eerste maand van hulle lewe, meestal weens voorkombare oorsake. Meer as ’n derde van hierdie babas sterf gedurende die eerste dag van hulle lewe.”—Red die Kinders Internasionaal.

Brittanje

’n Man gooi diesel in sy motor

Volgens Engeland se Openbare Gesondheidsdiens was daar in 2011 in 15 munisipale gebiede van Londen ’n toename in sterftes weens deeltjielugbesoedeling. Dit is ironies dat diesel as groen bemark word omdat dieselenjins ligter op brandstof is en minder koolstofdioksied vrystel. Tog is 91 persent van deeltjielugbesoedeling in daardie omgewing te wyte aan dieselvoertuie.

Rusland

Volgens ’n opname wat Rusland se Stigting vir Openbare Mening in 2013 gedoen het, het ongeveer 52 persent van die Russe wat beweer dat hulle Ortodokse Christene is, gesê dat hulle nog nooit eens ’n gedeelte van die Bybel gelees het nie, en 28 persent het gesê dat hulle selde bid.

Afrika

’n Boer in Afrika

Verwarring oor wie landbougrond besit, belemmer landbouproduksie en laat armoede toeneem, sê ’n verslag van die Wêreldbank. Die helfte van die wêreld se onbewerkte bruikbare grond—sowat 202 miljoen hektaar—is in Afrika, waar landbouproduktiwiteit na bewering net ’n kwart van sy potensiaal bereik.

Verenigde State

’n Elektroniese tablet en ’n stapel handboeke

’n Aantal skole en universiteite vervang handboeke met elektroniese tablette waarop die nodige leesstof, sagteware, toepassings, ensovoorts, gelaai is. Maar daar bestaan twyfel of dit goedkoper is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel