Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g18 nr. 2 bl. 13
  • 10 Staatmaker

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • 10 Staatmaker
  • Ontwaak! — 2018
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT DIT BETEKEN
  • HOEKOM DIT BELANGRIK IS
  • WAT JY KAN DOEN
  • Wat kan ek doen sodat my ouers my kan vertrou?
    Jongmense vra
  • Waarom vertrou my ouers my nie?
    Ontwaak!—2008
  • Vertroue is noodsaaklik vir ’n gelukkige lewe
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2003
  • Wat kan ek doen om meer vryheid te kry?
    Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1
Sien nog
Ontwaak! — 2018
g18 nr. 2 bl. 13
’n Jong vrou betaal haar skuld by die bank

Elke keer wat jy gehoorsaam aan jou ouers is, is dit soos om skuld by die bank af te betaal. Die bank sal dan later bereid wees om vir jou meer geld te leen

VIR JONGMENSE

10 Staatmaker

WAT DIT BETEKEN

Betroubare mense wen die vertroue van hulle ouers, vriende en hulle baas. Hulle breek nie die reëls of hulle beloftes nie en praat altyd die waarheid.

HOEKOM DIT BELANGRIK IS

Hoe meer iemand jou vertrou, hoe meer vryheid sal hy gewoonlik vir jou gee.

“Die beste manier om jou ouers se vertroue te wen, is deur vir hulle te wys dat jy volwasse en verantwoordelik is. Nie net wanneer jou ouers daar is nie, maar ook wanneer hulle nie daar is nie.” — Sarahi.

BYBELWAARHEID: Hou aan om julleself te bewys. — 2 Korintiërs 13:5.

WAT JY KAN DOEN

As jy wil hê dat iemand meer vertroue in jou moet hê, of as jy iemand se vertroue wil terugwen, sal die volgende jou help:

Wees eerlik. Mense sal vinnig ophou om jou te vertrou as jy vir hulle lieg. Maar as jy eerlik is, veral oor jou foute, sal jy mense se vertroue wen.

“Dis maklik om eerlik te wees as dinge goed gaan. Maar as jy ook eerlik is oor die dinge wat jou sleg kan laat lyk, sal mense jou selfs meer vertrou.” — Caiman.

BYBELWAARHEID: “Aangesien ons ons in alles eerlik wil gedra.” — Hebreërs 13:18.

Wees ’n staatmaker. Toe besighede in Amerika gevra is wat hulle in nuwe werkers soek, het 78% van hulle gesê dat betroubaarheid “een van die drie belangrikste dinge is”. As jy nou al leer om betroubaar te wees, sal dit jou in die toekoms baie help.

“My ouers sien dit raak wanneer ek verantwoordelik is en by die huis uithelp sonder dat hulle my hoef te soebat en te smeek. Hoe meer ek dinge so uit my eie doen, hoe meer vertrou hulle my.” — Sarah.

BYBELWAARHEID: “Ek skryf aan jou in die vertroue dat jy sal doen wat ek vra. Ek weet ook dat jy selfs meer as dit sal doen.” — Filemon 21, Nuwe Afrikaanse Bybelvertaling van 1983.

Wees geduldig. Mense kan maklik sien as jy sterker of langer geword het. Maar gewoonlik is dit vir hulle moeiliker om te sien dat jy meer volwasse en verantwoordelik geword het.

“Jy kan nie verwag dat almal jou moet vertrou net omdat jy eenkeer betroubaar was nie. As jy mense se vertroue wil wen, moet jy vir hulle wys dat hulle altyd op jou kan staatmaak.” — Brandon.

BYBELWAARHEID: Wees geduldig. — Kolossense 3:12.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel