Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g20 nr. 2 bl. 4-5
  • Wat party mense glo

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat party mense glo
  • Ontwaak! – 2020
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hindoes
  • Moslems
  • Joodse tradisie
  • Boeddhiste
  • Confucianiste
  • Party stamgodsdienste
  • Christene
  • Wat sê die Bybel?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2017
  • Vraag 3: Waarom laat God toe dat ek ly?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2012
  • Waarom is daar soveel lyding as die Skepper vir ons omgee?
    Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee?
  • Waarom is daar soveel lyding?
    Ontwaak!—2011
Sien nog
Ontwaak! – 2020
g20 nr. 2 bl. 4-5
Godsdienssimbole wat Boeddhisme, Hindoeïsme, stamgodsdienste, Judaïsme, die Christelike godsdiens, Islam en Confucianiste verteenwoordig.

Wat party mense glo

Hindoes

’n Simbool vir Hindoeïsme.

beskou swaarkry as ’n gevolg van ’n persoon se optrede, wat hy in hierdie lewe of in ’n vorige lewe gedoen het. ’n Persoon kan moksja bereik, wat die bevryding van ’n siklus van hergeboortes is. Dit kan gedoen word deur ’n geestestoestand te verkry wat afgeskei is van nie-godsdienstige dinge.

Moslems

’n Simbool vir Islam.

beskou swaarkry as ’n straf vir sonde en ’n toets van geloof. Dr. Sayyid Syeed, die president van die Islamitiese Vereniging van Noord-Amerika, sê dat slegte dinge ons herinner dat ons dankbaar teenoor God moet wees vir al ons seëninge, en ons moet besef dat ons mense moet help wat dit nodig het.

Joodse tradisie

’n Simbool vir Judaïsme.

sê dat ’n mens swaarkry as gevolg van jou eie aksies. Party Jode sê dat daar ’n opstanding sal wees. Daarna sal die ongeregtigheid wat die onskuldige laat swaarkry het, reggestel word. Kabbalistiese (mistiese) Judaïsme leer mense van reïnkarnasie. Dit gee ’n persoon meer as een geleentheid om op te maak vir sy foute.

Boeddhiste

’n Simbool vir Boeddhisme.

glo dat swaarkry oor baie leeftye ervaar word. Dit is ’n siklus van hergeboortes wat aanhou totdat ’n persoon se negatiewe optrede, emosies en begeertes ophou. Deur middel van wysheid, goeie werke en verstandelike dissipline kan ’n persoon nirwana bereik – ’n toestand waar alle swaarkry opgehou het.

Confucianiste

’n Simbool vir Confucianiste.

sê dat die meeste swaarkry die gevolg is van “menslike mislukkings en foute”, sê A Dictionary of Comparative Religion. Confucianiste glo dat al kan swaarkry minder gemaak word deur ’n goeie lewe te lei, word baie swaarkry veroorsaak deur geesskepsele wat magtiger is as mense. In sulke gevalle moet ’n mens maar net aanvaar wat hierdie geesskepsele besluit het.”

Party stamgodsdienste

’n Simbool vir stamgodsdienste.

sê dat swaarkry die gevolg is van toordery. Volgens wat hulle glo, kan hekse goeie of slegte dinge laat gebeur. Die swaarkry wat hulle veroorsaak, kan minder gemaak word deur verskillende rituele. Daarom word daar geglo dat die rituele en medisyne van toordokters die werk van hekse kan teëwerk wanneer ’n persoon siek is.

Christene

’n Simbool vir die Christelike godsdiens.

sê dat swaarkry die gevolg is van die eerste twee mense, soos beskryf word in die Bybelboek Genesis. Maar party kerke het hulle eie idees oor hierdie lering. Byvoorbeeld, party Katolieke sê dat wanneer ’n persoon swaarkry, dit ‘aan God opgeoffer’ kan word sodat hy die kerk kan bevoordeel of dat hy die swaarkry kan gebruik sodat iemand anders gered kan word.

VIND MEER UIT

Kyk na die video Aanvaar God alle vorme van aanbidding? op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel