Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 1 bl. 15
  • Jy kan wysheid vind

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jy kan wysheid vind
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • God nooi jou om jouself deur sy wysheid te bevoordeel
  • God se wysheid is beskikbaar vir jou
  • Hoe luister ons na God?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Is daar ’n God? Maak dit ’n verskil?
    Ontwaak!—2015
  • Reg en verkeerd: ’n Keuse wat jy moet maak
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe)—2024
  • Ware leringe wat God behaag
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 1 bl. 15

Jy kan wysheid vind

“Die hele Skrif is deur God geïnspireer” (2 Timoteus 3:16). In hierdie vers beteken “geïnspireer” dat die almagtige God sy gedagtes in die verstande van die Bybelskrywers geplaas het.

BYBELFEITE

  • Dele van ’n boek.

    66

    Die aantal boeke, of gedeeltes, waaruit die Bybel bestaan.

  • ’n Hand wat skryf terwyl lig daarop skyn.

    40

    Die hoeveelheid manne wat God gebruik het om die Bybel te skryf.

  • ’n Uurglas.

    1513 VHJ

    Die jaar toe daar begin is om die Bybel te skryf – meer as 3 500 jaar gelede!

  • Letters en karakters in verskillende tale.

    3 000+

    Die aantal tale waarin die Bybel, of gedeeltes daarvan, beskikbaar is.

God nooi jou om jouself deur sy wysheid te bevoordeel

“Ek, Jehovah, is . . . die Een wat jou leer om jouself te bevoordeel, die Een wat jou lei op die weg wat jy moet volg. As jy maar net aan my gebooie aandag sal skenk! Dan sal jou vrede net soos ’n rivier word, en jou regverdigheid soos die golwe van die see.” – JESAJA 48:17, 18.

Dink aan hierdie woorde as ’n persoonlike uitnodiging van God. Hy wil hê dat jy innerlike vrede en ewige geluk moet hê. Hy kan jou help om dit te vind.

God se wysheid is beskikbaar vir jou

“Die goeie nuus moet . . . aan mense van al die nasies verkondig word.” – MARKUS 13:10.

Die “goeie nuus” sluit Jehovah se beloftes in om ’n einde te maak aan alle swaarkry, om die aarde in ’n paradys te verander en om ons geliefdes wat dood is, weer lewend te maak. Jehovah se Getuies verkondig hierdie Bybelse boodskap wêreldwyd.

Toe ek die Bybel gelees het, was ek nie meer verward nie

“Ek was vanaf ’n baie jong ouderdom nie seker wie die Skepper is nie. Ek het gewonder: ‘Kan dit waar wees dat elke nasie sy eie god of skepper het?’ Daarom is ek lief vir wat die Bybel sê in Romeine 3:29 dat die ware God ‘ook die God van mense van die nasies’ is. Hy het ook ’n persoonlike naam – Jehovah – en hy wil hê dat ons sy vriende moet wees.” – Rakesh.

Rakesh.
    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel