Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g21 nr. 2 bl. 13-15
  • Hoe raak tegnologie jou denke?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoe raak tegnologie jou denke?
  • Ontwaak! – 2021
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • WAT JY MOET WEET
  • WAT JY KAN DOEN
  • Is dit ’n goeie idee om meer as een ding op dieselfde tyd te doen?
    Jongmense vra
  • Hoe om tegnologie op sy plek te hou
    Hulp vir die gesin
  • Dis goed om soms alleen te wees
    Ontwaak!—1998
  • Gebruik tegnologie op ’n bedagsame en ekonomiese wyse
    Ontwaak!—2009
Sien nog
Ontwaak! – 2021
g21 nr. 2 bl. 13-15
’n Man kyk na ’n video oor hoe om kos te maak terwyl hy kook.

Hoe raak tegnologie jou denke?

Mense leer aanhoudend – of dit nou vir skool, vir werk of vir ander redes is. Tegnologie kan help. Dit was nog nooit so maklik om toegang tot inligting te kry sonder om jou huis te verlaat of om selfs van jou stoel af op te staan nie.

Maar mense wat baie gebruik maak van tegnologie, vind dat . . .

  • dit moeilik is om te konsentreer wanneer hulle lees.

  • hulle sukkel om te fokus op een taak op ’n slag.

  • hulle vinnig verveeld word wanneer hulle alleen is.

WAT JY MOET WEET

’n Tienermeisie doen meer as een ding op dieselfde tyd. Sy tik ’n teksboodskap op haar slimfoon, gesels met ’n vriendin oor ’n video-oproep en gebruik haar rekenaar en handboek om te studeer.

LEES

Mense wat dikwels elektroniese toestelle gebruik, het nie altyd die geduld om deur ’n hele artikel te lees nie. Daarom kyk hulle vinnig deur die artikel om die hoofgedagte te kry.

Om vinnig na ’n artikel te kyk, is genoeg wanneer jy net die antwoord op ’n vraag soek. Maar dit is nie ’n goeie manier om te lees wanneer jy regtig ’n onderwerp dieper moet verstaan nie.

IETS OM OOR TE DINK: Hoe goed is jy daarin om lang dele te lees? Hoe kan dit jou vermoë om te leer, verbeter? – SPREUKE 18:15.

FOKUS

Party mense dink dat tegnologie hulle die vermoë gee om twee take op dieselfde tyd te doen. Byvoorbeeld, ’n persoon stuur teksboodskappe vir vriende terwyl hy of sy studeer. Maar wanneer hulle aandag verdeel is, kan hulle dalk nie een van die twee take goed doen nie, veral as albei konsentrasie vereis.

Fokus vereis selfdissipline, maar dit is die moeite werd. ’n Tiener met die naam Grace sê: “Jy maak minder foute en het minder stres. Ek het geleer dat dit beter is om op een ding op ’n slag te konsentreer en die versoeking te vermy om meer as een ding op ’n slag te doen.”

IETS OM OOR TE DINK: Maak tegnologie dit vir jou moeiliker om te fokus wanneer jy studeer? – SPREUKE 17:24.

ALLEENTYD

Party mense hou nie daarvan om alleen te wees nie, so hulle gebruik tegnologie om hulleself besig te hou. ’n Vrou met die naam Olivia erken: “Ek word binne 15 minute verveeld as ek nie op my foon of tablet besig is nie of die TV aansit nie.”

Maar tye van stilte gee ’n mens ’n goeie geleentheid om diep na te dink. Dit is iets wat belangrik is terwyl ’n mens leer, nie net vir jongmense nie maar ook vir volwassenes.

IETS OM OOR TE DINK: Wanneer jy alleen is, gebruik jy die tyd tot jou voordeel? – 1 TIMOTEUS 4:15.

WAT JY KAN DOEN

ONDERSOEK JOU GEBRUIK VAN TEGNOLOGIE

Op watter maniere kan jy tegnologie gebruik om jou denkvermoë te verbeter? Hoe kan tegnologie inmeng met jou vermoë om te konsentreer en om te leer?

BYBELWAARHEID: “Bewaar praktiese wysheid en denkvermoë.” – SPREUKE 3:21.

VRA JOU AF . . .

  • Is dit vir my moeilik om te konsentreer wanneer ek ’n lang deel op ’n skerm lees? Indien wel, wat maak dit vir my moeilik om te konsentreer?

  • Watter stappe kan ek neem om die dinge wat my aandag aflei, te verminder of selfs te verwyder?

Wenk: Begin deur kleiner dele te lees en dan geleidelik meer te lees. Lees hardop maar saggies om gefokus te bly op die materiaal.

  • Watter veranderinge kan ek maak sodat ek genoeg tyd het om na te dink oor wat ek gelees het?

Wenk: Gebruik die laaste tien minute van jou studieperiode om na te dink oor wat jy geleer het.

  • Onder watter omstandighede probeer ek om meer as een ding op dieselfde tyd te doen?

  • Watter veranderinge kan ek maak sodat ek op een taak op ’n slag kan fokus?

Wenk: Wanneer jy studeer, sit alles weg wat jou aandag kan aftrek sodat jy kan fokus op wat jy moet studeer.

BYBELWAARHEID: “Verkry wysheid, verkry begrip.” – SPREUKE 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel