Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • g24 nr. 1 bl. 10-12
  • Wat het geword van respek vir die gesin?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wat het geword van respek vir die gesin?
  • Ontwaak!—2024
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM RESPEK VIR DIE GESIN TE TOON
  • WAT JY KAN DOEN
  • WAT ONS DOEN
  • Hulp is beskikbaar
    Ontwaak! – 2020
  • Nog hulp vir die familie
    Ontwaak! — 2018
  • Vind wysheid vir die daaglikse lewe op JW.ORG
    Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2022
  • Studiewenk
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2023
Sien nog
Ontwaak!—2024
g24 nr. 1 bl. 10-12
’n Geïrriteerde man gebruik sy slimfoon terwyl sy vrou probeer om met hom te praat. Hulle jong seun hou hulle dop.

Wat het geword van respek vir die gesin?

HOEKOM DIT BELANGRIK IS OM RESPEK VIR DIE GESIN TE TOON

Respek vir gesinslede skep ’n stabiele omgewing waar mans, vrouens en kinders veilig voel.

  • Die boek The Seven Principles for Making Marriage Work sê dat wanneer huweliksmaats mekaar respekteer, hulle liefde vir mekaar “dag ná dag toon nie net in die groot dinge nie, maar ook in die klein dingetjies”.

  • Navorsing wys dat kinders wat leer om ander te respekteer, meer selfvertroue het, ’n beter verhouding met hulle ouers geniet en minder sielkundige probleme ondervind.

WAT JY KAN DOEN

Maak ’n plan saam met jou gesin. Eerstens, maak seker dat almal in die gesin verstaan wat dit beteken om respek te toon. Tweedens, skryf neer watter soort gedrag van almal in die gesin verwag word sowel as watter soort gedrag vermy moet word. Derdens, bespreek die plan as ’n gesin sodat almal weet wat hulle kan doen om respek te toon.

“Die planne van hardwerkende mense lei tot sukses.” – Spreuke 21:5.

Stel die voorbeeld. Kritiseer jy jou gesinslede as hulle foute maak? Spot jy hulle oor hulle opinies? Of ignoreer of onderbreek jy hulle wanneer hulle met jou praat?

Wenk: Probeer om respek as iets te beskou wat jy jou huweliksmaat en kinders skuld, nie iets wat hulle moet verdien nie.

“Neem die leiding om eer aan mekaar te betoon.” – Romeine 12:10.

Toon respek selfs wanneer jy nie met die ander persoon saamstem nie. Wanneer jy met jou gesinslede praat, moenie dinge sê soos “jy is altyd” of “jy is nooit” nie. Hierdie soort kommentare sal jou gesinslede seermaak en aanstoot gee en die meningsverskil baie erger maak.

“’n Sagte antwoord laat woede bedaar, maar harde woorde laat woede opvlam.” – Spreuke 15:1.

’n Jong vrou kyk na ’n video op jw.org.

WAT ONS DOEN

Jehovah se Getuies moedig gesinslede aan om mekaar met respek te behandel. Dit is dikwels die tema van die artikels, boeke, brosjures en video’s wat ons uitgee, wat gratis beskikbaar is.

VIR GETROUDE PAARTJIES: Die reeks van artikels Hulp vir die gesin kan mans en vrouens help om . . .

  • ’n goeie luisteraar te wees

  • stilstuipe te voorkom

  • op te hou stry

(Soek onder “Hulp vir die gesin” op jw.org)

VIR OUERS: Die reeks van artikels Hulp vir die gesin kan ouers help om hulle kinders op te lei om . . .

  • gehoorsaam te wees

  • met werkies by die huis te help

  • “asseblief” en “dankie” te sê

(Soek onder “Hoe om kinders groot te maak” en “Hoe om tieners groot te maak” op jw.org)

Sien ook die aanhangsel “Vrae wat ouers vra” in die boek Vrae wat jongmense vra—Antwoorde wat werk, Deel 1. (Soek onder “Vrae wat ouers vra” op jw.org)

VIR JONGMENSE: Die Tieners en jongmense-deel op jw.org het artikels, video’s en werkblaaie wat jongmense kan help om . . .

  • met ouers en broers en susters oor die weg te kom

  • respekvol met ouers oor reëls te praat

  • hulle ouers se vertroue te wen

(Soek onder “Tieners en jongmense” op jw.org)

Gebruik van die webwerf jw.org is gratis. Geen fooi, intekening of lidmaatskap word vereis nie, en geen persoonlike inligting sal gevra word nie.

Joseph Ehrenbogen.

LEER MEER

Joseph Ehrenbogen was gewelddadig en verslaaf aan dwelms toe hy getrou het. Om uit te vind hoe ’n studie van die Bybel saam met Jehovah se Getuies sy gesinslewe verbeter het, soek vir die artikel “Ek het geleer om selfrespek en respek vir vroue te hê” op jw.org.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel