Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gt hfst. 28
  • ’n Vraag oor vas

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Vraag oor vas
  • Die grootste mens wat nog geleef het
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vraag oor die vas
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Hoekom vas Jesus se dissipels nie?
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Die gebruik om te vas—Bring dit jou nader aan God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wat sê die Bybel oor die gebruik om te vas?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Die grootste mens wat nog geleef het
gt hfst. 28

Hoofstuk 28

’n Vraag oor vas

AMPER ’n jaar het verloop sedert Jesus die Pasga van 30 G.J. bygewoon het. Johannes die Doper is nou al etlike maande in die tronk. Al wou hy hê dat sy dissipels volgelinge van Christus moes word, het nie almal dit geword nie.

Party van hierdie dissipels van die gevange Johannes kom nou na Jesus toe en vra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie?” Die Fariseërs vas twee keer per week as ’n ritueel van hulle godsdiens. En Johannes se dissipels volg moontlik ’n soortgelyke gebruik. Dit kan ook wees dat hulle vas om oor Johannes se gevangenskap te rou en wonder waarom Jesus se dissipels nie saam met hulle vas as teken van droefheid nie.

In antwoord verduidelik Jesus: “Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.”

Johannes se dissipels behoort te onthou dat Johannes self van Jesus as die Bruidegom gepraat het. Terwyl Jesus dus teenwoordig is, sou Johannes dit nie paslik ag om te vas nie, en Jesus se dissipels ook nie. Later, wanneer Jesus sterf, rou en vas sy dissipels wel. Maar wanneer hy opgewek word en na die hemel opvaar, het hulle nie meer rede om droewig te vas nie.

Jesus vertel vervolgens hierdie gelykenisse: “Niemand sit ’n nuwe stuk lap op ’n ou kleed nie; want die aangelapte stuk skeur van die kleed af en daar kom ’n erger skeur. ’n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ’n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke.” Wat het hierdie gelykenisse met vas te doen?

Jesus het die dissipels van Johannes die Doper gehelp om te besef dat niemand moet verwag dat sy volgelinge die ou gebruike van die Judaïsme, soos rituele vas, moet onderhou nie. Hy het nie gekom om ou, uitgediende stelsels van aanbidding, waarvan die dae getel was, te lap en aan die gang te hou nie. Die Christelike godsdiens sou nie aangepas word by die Judaïsme van die dag met sy mensetradisies nie. Nee, dit sou nie wees soos ’n nuwe lap op ’n ou kleed of nuwe wyn in ’n ou leersak nie. Mattheüs 9:14-17; Markus 2:18-22; Lukas 5:33-39; Johannes 3:27-29.

▪ Wie vas, en waarom?

▪ Waarom vas Jesus se dissipels nie terwyl hy by hulle is nie, en hoe sal rede om te vas later spoedig verdwyn?

▪ Watter gelykenisse vertel Jesus, en wat beteken hulle?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel