Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 28 bl. 70-bl. 71 par. 6
  • Hoekom vas Jesus se dissipels nie?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hoekom vas Jesus se dissipels nie?
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Vraag oor vas
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • ’n Vraag oor die vas
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Die gebruik om te vas—Bring dit jou nader aan God?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Wat sê die Bybel oor die gebruik om te vas?
    Antwoorde op Bybelvrae
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 28 bl. 70-bl. 71 par. 6
Johannes die Doper se dissipels vra Jesus oor die gebruik om te vas

HOOFSTUK 28

Hoekom vas Jesus se dissipels nie?

MATTEUS 9:14-17 MARKUS 2:18-22 LUKAS 5:33-39

  • JOHANNES SE DISSIPELS VRA JESUS OOR DIE GEBRUIK OM TE VAS

’n Ruk nadat Jesus die Pasga van 30 HJ bygewoon het, is Johannes die Doper in die tronk gegooi. Johannes wou hê dat sy dissipels volgelinge van Jesus moet word, maar nie almal van hulle het dit gedoen in die maande nadat Johannes opgesluit is nie.

Nou kom die Pasga van 31 HJ nader, en party van Johannes se dissipels kom vra Jesus: “Hoekom vas ons en die Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie?” (Matteus 9:14). Die Fariseërs vas omdat dit een van hulle godsdiensrituele is. Later gebruik Jesus selfs ’n illustrasie waarin ’n arrogante Fariseër bid: “O God, ek dank u dat ek nie soos al die ander mense is nie . . . Ek vas twee keer per week” (Lukas 18:11, 12). Johannes se dissipels volg dalk ook die gebruik om te vas. Of hulle het dalk gevas om te treur oor die feit dat Johannes opgesluit is. Party mense wonder dus hoekom Jesus se dissipels nie vas om te wys dat hulle ook treur oor wat met Johannes gebeur het nie.

Jesus antwoord deur ’n voorbeeld te gebruik: “Die vriende van die bruidegom het geen rede om te treur solank die bruidegom by hulle is nie, of hoe? Maar die dae sal kom wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.” – Matteus 9:15.

Johannes self het van Jesus as ’n bruidegom gepraat (Johannes 3:28, 29). Daarom vas Jesus se dissipels nie terwyl Jesus by hulle is nie. Later, wanneer Jesus sterf, sal sy dissipels treur en nie lus voel om te eet nie. Maar wanneer hy opgewek word, sal dit natuurlik verander! Dan sal hulle nie meer ’n rede hê om te vas omdat hulle treur nie.

Jesus vertel nou hierdie twee illustrasies: “Niemand werk ’n stuk ongekrimpte materiaal op ’n ou bo-kleed vas nie, want die nuwe stuk sal van die kleed lostrek, en die skeur sal erger word. Mense gooi ook nie nuwe wyn in ou wynsakke nie. As hulle dit doen, sal die wynsakke bars en die wyn uitloop, en dan is die wynsakke stukkend. Maar mense gooi nuwe wyn in nuwe wynsakke” (Matteus 9:16, 17). Wat is Jesus se punt?

Jesus help die dissipels van Johannes die Doper om te verstaan dat niemand moet verwag dat Jesus se volgelinge ou gebruike van Judaïsme, soos die ritueel om te vas, moet volg nie. Hy het nie gekom om ’n ou manier van aanbidding, ’n hele godsdiensstelsel wat op die punt was om afgeskaf te word, te probeer regstel en voortsit nie. Die aanbidding wat Jesus bevorder, word nie beïnvloed deur die bestaande Judaïsme met sy tradisies van mense nie. Nee, hy probeer nie ’n stuk nuwe materiaal op ’n ou kledingstuk vaswerk of nuwe wyn in ’n harde, ou wynsak gooi nie.

ILLUSTRASIES OOR DIE GEBRUIK OM TE VAS

’n Leersak

Jesus het ’n illustrasie uit die daaglikse lewe gebruik – naaldwerk. Wat sal gebeur as iemand ’n stuk nuwe, ongekrimpte materiaal op gebruikte of ou materiaal vaswerk? Wanneer die kledingstuk gewas word, sal die nuwe materiaal krimp en sal dit die ou materiaal laat skeur.

In ’n ander illustrasie het Jesus van wyn gepraat. Wyn is soms gehou in sakke wat van die vel van diere gemaak is. Met verloop van tyd sou die leer hard word en sy buigsaamheid verloor. Dit was ’n risiko om nuwe wyn in so ’n ou sak te sit. Nuwe wyn het soms aanhou gis, wat druk laat opbou het. Dit kon die ou, harde leer laat bars.

  • Wie vas in Jesus se dag, en hoekom?

  • Hoekom vas Jesus se dissipels nie terwyl hy by hulle is nie, maar watter rede sou hulle later hê om te vas?

  • Wat beteken Jesus se illustrasies oor nuwe materiaal en nuwe wyn?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel