Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • ba bl. 30
  • ’n Boek vir jou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Boek vir jou?
  • ’n Boek vir alle mense
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die grootste voordeel te verkry
  • Vind baat by daaglikse Bybellees
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Sewe stappe om by Bybellees baat te vind
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
  • Lees God se Woord en dien hom in waarheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1996
  • Hoe kan die Bybel jou help?
    Geniet die lewe vir ewig! – Bybellesse wat jou kan help
Sien nog
’n Boek vir alle mense
ba bl. 30

’n Boek vir jou?

“Aan baie boeke maak kom geen einde nie”, het Salomo ongeveer 3 000 jaar gelede gesê (Prediker 12:12). Daardie opmerking is vandag net so gepas as wat dit destyds was. Benewens die klassieke werke, word duisende nuwe boeke jaarliks gedruk. Met soveel boeke om van te kies, waarom moet jy die Bybel lees?

BAIE mense lees boeke vir die genot of om ingelig te word, of miskien om albei redes. Dieselfde kan geld wat Bybellees betref. Dit kan opbouend, selfs genotvol, wees. Maar die Bybel is meer as dit. Dit is ’n unieke bron van kennis.—Prediker 12:9, 10.

Die Bybel beantwoord vrae waaroor mense al lank dink—vrae oor ons verlede, die hede en ons toekoms. Baie wonder: Waar kom ons vandaan? Wat is die doel van die lewe? Hoe kan ons geluk in die lewe vind? Sal daar altyd lewe op aarde wees? Wat hou die toekoms vir ons in?

Die gesamentlike krag van al die bewyse wat hier verskaf is, bevestig ongetwyfeld dat die Bybel akkuraat en eg is. Ons het reeds bespreek hoe die praktiese raad daarin ons vandag kan help om sinvolle en gelukkige lewens te lei. Aangesien dit bevredigende antwoorde omtrent die hede bevat, verdien die antwoorde omtrent die verlede en die profesieë oor die toekoms beslis ons noulettende aandag.

Hoe om die grootste voordeel te verkry

Baie mense het die Bybel begin lees, maar het opgehou toe hulle dele daarvan te moeilik gevind het om te verstaan. As dit jou ondervinding was, is daar ’n paar dinge wat jou kan help.

Party mense begin deur die Evangelieverslae te lees aangaande die lewe van Jesus, wie se wyse leringe, soos dié in die Bergpredikasie, ’n intense bewustheid van die menslike natuur weerspieël en toon hoe ons ons lot in die lewe kan verbeter.—Sien Matteus hoofstukke 5 tot 7.

Benewens die feit dat ’n mens die Bybel sal wil deurlees, kan ’n onderwerpstudie ook baie leersaam wees. Dit behels dat jy ontleed wat die Bybel oor ’n bepaalde onderwerp sê. Jy sal dalk verbaas wees wanneer jy uitvind wat die Bybel werklik sê oor onderwerpe soos die siel, die hemel, die aarde, die lewe en die dood, sowel as oor God se Koninkryk—wat dit is en wat dit tot stand gaan bring.a Jehovah se Getuies het ’n program van Bybelonderwerpstudie wat gratis aangebied word. Jy kan daaroor navraag doen deur aan die uitgewers te skryf by die gepaste adres op bladsy 2.

Nadat mense die getuienis ondersoek het, het baie van hulle tot die slotsom gekom dat die Bybel van God af kom, die Een wat deur die Skrif as “Jehovah” geïdentifiseer word (Psalm 83:18, NW). Jy is miskien nie oortuig dat die Bybel ’n Goddelike oorsprong het nie. Maar waarom ondersoek jy dit nie self nie? Ons is vol vertroue dat jy ná ’n tydperk waarin jy self die praktiese waarde van die Bybel se tydlose wysheid leer ken, bepeins en miskien ondervind het, sal besluit dat die Bybel inderdaad ’n boek vir alle mense is, en nog meer—dat dit ’n boek vir jou is.

[Voetnoot]

a ’n Boek wat baie mense met ’n onderwerpstudie van die Bybel gehelp het, is Kennis wat tot die ewige lewe lei, uitgegee deur die Watchtower Bible and Tract Society of New York, Inc.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel