Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • gf les 6 bl. 10-11
  • Die Paradys is op hande!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Paradys is op hande!
  • Jy kán God se vriend wees!
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Beter lewe—Binnekort!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Wanneer sal die aarde ’n paradys word?
    Luister na God en lewe vir ewig
  • Lewe ons in “die laaste dae”?
    Wat leer die Bybel werklik?
  • Wanneer sal God se Koninkryk oor die aarde regeer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Publieke uitgawe) – 2020
Sien nog
Jy kán God se vriend wees!
gf les 6 bl. 10-11

LES 6

Die Paradys is op hande!

Die slegte dinge wat nou op die aarde gebeur, toon dat die Paradys op hande is. Die Bybel het gesê dat ons verskriklike tye sal ondervind net voordat die Paradys kom. Ons lewe nou in sulke tye! Hier is van die dinge wat die Bybel gesê het sal gebeur:

Oorlogsvliegtuie

Groot oorloë. “Nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk” (Matteus 24:7). Hierdie profesie is bewaarheid. Sedert 1914 was daar al twee wêreldoorloë en talle kleiner oorloë. Miljoene mense het daarin gesterf.

Wydverspreide siektes. Daar sal “op die een plek na die ander peste” wees (Lukas 21:11). Is dit bewaarheid? Ja. Kanker, hartkwale, tering, malaria, vigs en ander siektes het al miljoene mense laat sterf.

Siek mense wat honger ly

’n Tekort aan voedsel. Regoor die aarde is daar mense wat nie genoeg voedsel het om te eet nie. Miljoene mense sterf jaarliks van honger. Dit is nog ’n teken dat die Paradys binnekort gaan kom. Die Bybel sê: “Daar sal voedseltekorte wees.”—Markus 13:8.

Aardbewings. “Daar sal . . . aardbewings op die een plek na die ander wees” (Matteus 24:7). Dit is ook in ons tyd bewaarheid. Meer as ’n miljoen mense het sedert 1914 in aardbewings gesterf.

’n Man dreig ’n vrou met ’n vuurwapen

Goddelose mense. Mense sal “liefhebbers van geld” en “liefhebbers van hulleself” wees. Hulle sal “liefhebbers van genot eerder as liefhebbers van God” wees. Kinders sal “ongehoorsaam aan ouers” wees (2 Timoteus 3:1-5). Stem jy nie saam dat hierdie soort mense vandag volop is nie? Hulle het geen eerbied vir God nie, en hulle maak die lewe moeilik vir diegene wat probeer om God te leer ken.

Misdaad. Daar sal ook ’n “toename in wetteloosheid” wees (Matteus 24:12). Jy sal waarskynlik saamstem dat misdaad nou erger is as wat dit jare gelede was. Oral loop mense gevaar om beroof, bedrieg of leed aangedoen te word.

Dit alles toon dat God se Koninkryk op hande is. Die Bybel sê: “Wanneer julle hierdie dinge sien gebeur, [moet julle] weet dat die koninkryk van God naby is” (Lukas 21:31). Wat is die Koninkryk van God? Dit is God se hemelse regering wat van hierdie aarde ’n paradys gaan maak. God se Koninkryk sal menseregerings vervang.—Daniël 2:44.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel