Hoofstuk 17
Waarom is ek bang om by die skool oor my geloof te praat?
“Daar was al ’n paar uitstekende geleenthede om by die skool oor my oortuigings te praat. Maar ek het dit laat verbygaan.”—Kaleb.
“Ons onderwyseres het die klas gevra wat ons van evolusie dink. Ek het geweet dat dit ’n gulde geleentheid is om oor my geloof te praat. Maar ek was lam van vrees en het niks gesê nie. Daarna het ek baie sleg gevoel.”—Jasmine.
AS JY ’n jong Christen is, weet jy moontlik hoe Kaleb en Jasmine gevoel het. Soos hulle is jy waarskynlik lief vir die Bybelwaarhede wat jy geleer het. Jy wil dalk selfs vir ander daarvan vertel. Nogtans is jy miskien doodbang om daaroor te praat. Maar jy kan meer moed verkry. Hoe? Doen die volgende:
1. Identifiseer jou vrese. Wanneer jy daaraan dink om oor jou geloof te praat, is dit maklik om jou die ergste scenario voor te stel! Maar soms kan jy jou vrese verminder bloot deur dit in woorde uit te druk.
Voltooi die volgende sin:
● Ek is bang dat die volgende sal gebeur as ek by die skool oor my oortuigings praat: ․․․․․
Dit sal jou dalk beter laat voel om te weet dat ander jong Christene soortgelyke vrese as jy het. Byvoorbeeld, die 14-jarige Christopher erken: “Ek is bang dat die kinders my sal spot en vir almal sal sê dat ek weird is.” En Kaleb, wat aan die begin aangehaal is, sê: “Ek was bekommerd dat iemand ’n vraag sou vra en dat ek nie die antwoord sou ken nie.”
2. Aanvaar die uitdaging. Is jou vrese heeltemal ongegrond? Nie noodwendig nie, volgens die 20-jarige Ashley. “Party kinders het voorgegee dat hulle belangstel in wat ek glo”, vertel sy. “Maar later het hulle my woorde teen my gebruik en my voor ander gespot.” Nicole, 17, het hierdie ondervinding gehad: “’n Seun het ’n vers in sy Bybel met dieselfde vers in myne vergelyk, en die bewoording het verskil. Hy het gesê dat my Bybel verander is. Ek was stomgeslaan! Ek het nie geweet wat om te sê nie.”a
Sulke situasies kan ’n mens nogal bang maak! Maar pleks daarvan om weg te hardloop, moet jy sulke uitdagings eerder aanvaar as ’n normale deel van jou lewe as ’n Christen (2 Timoteus 3:12). “Jesus het gesê dat sy volgelinge vervolg sal word”, sê die 13-jarige Matthew. “Ons kan dus nie verwag dat ons oortuigings ons gewild sal maak nie.”—Johannes 15:20.
3. Dink aan die voordele. Kan ’n slegte ondervinding tot iets goeds lei? Amber, 21, dink so. “Dis moeilik om jou geloof te verduidelik aan mense wat die Bybel nie respekteer nie”, sê sy, “maar as jy dit doen, help dit jou om jou eie standpunt beter te verstaan.”—Romeine 12:2.
Kyk weer na die scenario wat jy by Stap 1 beskryf het. Dink aan ten minste twee goeie dinge wat uit daardie situasie kan voortspruit, en skryf dit hieronder neer.
1 ․․․․․
2 ․․․․․
Wenk: Hoe kan dit portuurdruk verminder as jy ander van jou geloof vertel? Watter uitwerking sal dit hê op jou selfvertroue? Op hoe jy voel oor Jehovah God? Op hoe hy voel oor jou?—Spreuke 23:15.
4. Wees voorbereid. “Die hart van die regverdige dink na sodat hy kan antwoord”, sê Spreuke 15:28. Moenie net nadink oor wat jy gaan sê nie, maar probeer ook dink aan vrae wat ander dalk sal vra. Doen navorsing oor hierdie onderwerpe, en berei antwoorde voor wat vir jou sal werk.—Sien die tabel “Beplan hoe jy gaan antwoord”, op bladsy 127.
5. Maak ’n begin. Hoe kan jy ’n gesprek begin wanneer jy gereed is om oor jou oortuigings te praat? Jy het twee opsies. Om ander van jou geloof te vertel, is amper soos om te swem: Party mense klim stadig in die water; ander spring net in. Net so kan jy oor ’n niegodsdienstige onderwerp begin praat en as ’t ware eers die water toets. Maar as jy vind dat jy jou te veel bekommer oor wat kan skeefloop, is die beste opsie dalk om ‘net in te spring’ (Lukas 12:11, 12). “Die gedagte daaraan om ander van my geloof te vertel, was altyd erger as om dit eintlik te doen”, sê die 17-jarige Andrew. “Wanneer ek eers ’n gesprek begin het, was dit baie makliker as wat ek gedink het dit sou wees!”b
6. Wees verstandig. “Verstandige mense dink altyd voordat hulle optree”, het Salomo geskryf (Spreuke 13:16, Today’s English Version). Net soos jy nie in vlak water sal induik nie, moet jy versigtig wees om nie by nuttelose argumente betrokke te raak nie. Onthou, daar is ’n tyd om te praat en ’n tyd om stil te bly (Prediker 3:1, 7). Soms het selfs Jesus geweier om vrae te beantwoord.—Matteus 26:62, 63.
As jy wel besluit om te antwoord, kan jy ’n kort antwoord gee en goeie oordeel aan die dag lê. As ’n klasmaat jou byvoorbeeld uittart en sê: ‘Hoekom rook jy nie?’, kan jy eenvoudig antwoord: ‘Omdat ek nie my liggaam wil besoedel nie!’ Afhangende van die antwoord kan jy besluit of jy jou oortuigings verder wil verduidelik of nie.
Die ses stappe wat in hierdie hoofstuk uiteengesit word, kan jou help om “gereed [te wees om jou geloof] te verdedig” (1 Petrus 3:15). Om gereed te wees, beteken natuurlik nie dat jy nooit senuweeagtig sal wees nie. Maar Alana, 18, sê: “As jy jou oortuigings verduidelik al is jy bang, laat dit jou voel dat jy iets bereik het—jy het jou vrees oorkom en oor jou geloof gepraat ten spyte van die moontlikheid dat dit nie goed sou afloop nie. En as dit wel goed afloop, sal jy selfs beter voel! Jy sal bly wees dat jy die moed gehad het om iets te sê.”
Ondervind jy stres by die skool? Vind uit hoe jy dit die hoof kan bied.
[Voetnote]
a Die bewoording van Bybelvertalings verskil. Maar party bly getrouer by die oorspronklike tale waarin die Bybel geskryf is.
b Sien die venster “Maniere om ’n gesprek te begin”, op die vorige bladsy.
SLEUTELTEKSTE
“Wees altyd gereed om julle te verdedig voor elkeen wat van julle ’n rede vir die hoop in julle eis, maar doen dit met sagmoedigheid en diep respek.”—1 Petrus 3:15.
WENK
Moenie vir jou klasmaats sê wat hulle moet of nie moet glo nie, maar vertel hulle eerder met oortuiging wat jy glo en waarom jy meen dat jou gevolgtrekkings redelik is.
HET JY GEWEET . . . ?
Party van jou klasmaats bewonder jou dalk omdat jy by die Bybel se sedelike standaarde bly, maar hulle is miskien te skaam om jou oor jou godsdiensoortuigings te vra.
AKSIEPLAN!
’n Klasmaat met wie ek oor my oortuigings kan praat, is [skryf die naam van ten minste een persoon neer] ․․․․․
Die onderwerp waarin hierdie persoon dalk die meeste sal belangstel, is ․․․․․
Wat ek graag vir my ouer(s) hieroor wil vra ․․․․․
WAT DINK JY?
● Wat is moontlik die eintlike rede waarom jou skoolmaats met jou godsdiensoortuigings spot?
● Waarom is dit belangrik om met oortuiging te praat as jy besluit om oor jou geloof te praat?
[Lokteks op bladsy 126]
Toe ek jonger was, wou ek nie anders wees as die ander kinders nie. Maar toe het ek begin verstaan hoe my geloof my help om ’n beter lewe te lei. Dit het my groter selfvertroue gegee—dit het my trots gemaak op my oortuigings.’’—Jason.
[Venster op bladsy 124]
maniere om ’n gesprek te begin
● “Wat gaan jy hierdie vakansie doen?” [Nadat die persoon geantwoord het, kan jy hom vertel van jou geestelike planne, soos om ’n byeenkoms by te woon of meer in die bediening te doen.]
● Meld ’n nuusberig en vra dan: “Het jy daarvan gehoor? Wat dink jy daarvan?”
● “Dink jy dat die wêreld se finansiële situasie [of ’n ander probleem] dalk sal verbeter? [Wag vir ’n antwoord.] Hoekom voel jy so?”
● “Behoort jy aan ’n godsdiens?”
● “Waar sien jy jou vyf jaar van nou af?” [Nadat die persoon geantwoord het, kan jy hom van jou geestelike doelwitte vertel.]
[Tabel op bladsy 127]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
Werkblad
beplan hoe jy gaan antwoord
Maak ’n afskrif hiervan!
Wenk: Bespreek hierdie tabel met jou ouers en ander jong Christene. Voltooi die tabel. Probeer dan aan ander vrae dink wat jou klasmaats dalk sal vra, en berei antwoorde voor wat vir jou sal werk.
vraag antwoord volgende vraag antwoord
Hoekom salueer → Ek respekteer → Sal jy → Nee, en
jy nie die die land dan nie vir miljoene Jehovah
neutraliteit vlag nie? waarin ek woon, jou land se Getuies
Is jy nie lief maar ek veg nie? in ander
vir jou aanbid lande
land nie? dit nie. sal ook
nie teen
hierdie
land veg
nie.
Hoekom aanvaar → Ek aanvaar → Maar sê nou → ․․․․․
julle veilige oortappings jy sal
nie —die soort doodgaan
bloedoortappings wat nie tensy jy bloed
nie? die gevaar van kry?
vigs en hepatitis Sal God jou nie
inhou nie. vergewe nie?
bloed Maar die Bybel sê
dat ons ons van
bloed moet
onthou, en
daarom aanvaar
ek nie
bloedoortappings
nie.
So-en-so → Ons word → Is dit dan → ․․․․․
is in julle God se nie ’n dubbele
kerk, vereistes geleer, standaard nie?
en hy het dit maar ons word
of dat gedoen. nie gebreinspoel nie!
keuses Hoekom Ons moet
mag jy almal
nie? ons eie
keuses
maak.
Hoekom → Hoekom moet ek → ․․․․․ → ․․․․․
glo jy nie daarin glo?
in Nie eens wetenskaplikes
skepping evolusie nie? stem daaroor saam
nie,
en hulle is
veronderstel om
die deskundigese
te wees!
[Prent op bladsy 125]
Om ander van jou geloof te vertel, is soos om te swem. Jy kan besluit om stadig te begin—of om net in te spring!