Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • kr bl. 220-221
  • Koninkryksbeloftes​—⁠Alles word nuut gemaak

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Koninkryksbeloftes​—⁠Alles word nuut gemaak
  • God se Koninkryk regeer!
  • Soortgelyke materiaal
  • Waarom moet jy jou beloftes nakom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Beloftes waarop jy kan vertrou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Op wie se beloftes kan jy vertrou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Die Koninkryk voer God se wil op die aarde uit
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
God se Koninkryk regeer!
kr bl. 220-221
1. ’n Jong Christensuster treur langs die bed van haar ma wat so pas gesterf het; 2. Dieselfde jong Christensuster gedurende oestyd saam met haar verrese ma wat jonk en gesond is

Smag jy daarna om die vervulling van Koninkryksbeloftes te sien?

DEEL 7

Koninkryksbeloftes​—Alles word nuut gemaak

JY PLUK ’n sappige appel van die boom. Jy neem ’n oomblik om die heerlike reuk daarvan te geniet voordat jy dit by die hoop in jou mandjie voeg. Jy werk al ure lank, maar jy voel goed en gereed vir nog ’n bietjie werk. Jou ma werk by ’n boom naby jou. Sy gesels opgeruimd met ander familielede en vriende wat met die oes help. Sy lyk so jonk—soos jy haar onthou toe jy nog net ’n kind was, al daardie jare gelede. Dit is moeilik om te glo dat jy haar sien oud word het in die wêreld wat nou al lank iets van die verlede is. Jy het haar sien wegkwyn van siekte, haar hand vasgehou toe sy haar laaste asem uitgeblaas het en by haar graf gehuil. Maar hier is sy, tesame met soveel ander, weer lewend en gesond!

Dié tyd sal kom; ons weet dit. Ons weet dit omdat God se beloftes altyd bewaarheid word. In hierdie deel sal ons bespreek hoe party Koninkryksbeloftes in die nabye toekoms, voor die oorlog van Armageddon, vervul sal word. Ons sal ook kyk na ’n paar van die opwindende Koninkryksbeloftes wat daarna vervul sal word. Hoe verheug sal ons tog wees om die tyd te sien wanneer God se Koninkryk oor hierdie hele aarde regeer en alles nuut maak!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel