Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w04 1/15 bl. 3-4
  • Op wie se beloftes kan jy vertrou?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Op wie se beloftes kan jy vertrou?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Menigte teleurstellings
  • Beloftes wat nagekom word
  • Waarom moet jy jou beloftes nakom?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1999
  • Beloftes waarop jy kan vertrou
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Die geheimsinnigheid omtrent William Shakespeare
    Ontwaak!—1998
  • ’n Vervuller van beloftes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2010
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
w04 1/15 bl. 3-4

Op wie se beloftes kan jy vertrou?

“SY BELOFTES was, soos hy destyds was, vol krag; maar sy dade is, soos hy nou is, ’n ronde nul.”—King Henry the Eighth, deur William Shakespeare.

Die kragtige beloftes waarna Shakespeare verwys het, was dié van die Engelse kardinaal Thomas Wolsey, wat gedurende die 16de eeu groot politieke mag in Engeland uitgeoefen het. Party sou sê dat Shakespeare se woorde ook ’n goeie beskrywing is van die meeste van die beloftes wat hulle vandag hoor. Keer op keer word mense baie dinge beloof, maar ontvang hulle min. Daarom kan ’n mens verstaan waarom hulle skepties raak oor alle beloftes.

’n Menigte teleurstellings

Gedurende die verskriklike konflik in die Balkan in die 1990’s het die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad byvoorbeeld die Bosniese dorp Srebrenica “’n veilige gebied” verklaar. Dit het geklink na ’n betroubare waarborg deur die internasionale gemeenskap. Duisende Moslemvlugtelinge in Srebrenica het so gedink. Maar op die ou end het daardie belofte van ’n veilige hawe absoluut niks beteken nie (Psalm 146:3). In Julie 1995 het aanvalstroepe die VN-magte eenvoudig verdryf en die dorp ingeneem. Meer as 6 000 Moslems het verdwyn, en ten minste 1 200 Moslemburgers is vermoor.

In elke faset van die lewe vind ’n mens soveel verbroke beloftes. Mense voel bedrieg deur die “tallose oneerlike en misleidende advertensies” waarmee hulle deesdae gebombardeer word. Hulle word ontnugter deur “die verbroke verkiesingsbeloftes van ’n duisend politici” (The New Encyclopædia Britannica, Deel 15, bladsy 37). Vertroude godsdiensleiers wat beloof om vir hulle kudde te sorg, maak op die gemeenste maniere misbruik van hulle. Selfs in beroepe soos die onderwys en geneeskunde—wat veronderstel is om deur medelye en besorgdheid oor ander gekenmerk te word—het party die vertroue van ander geskend en diegene in hulle sorg uitgebuit of selfs vermoor. Dit is geen wonder dat die Bybel ons waarsku om nie elke woord te glo nie!—Spreuke 14:15.

Beloftes wat nagekom word

Baie mense hou natuurlik hulle woord, al verg dit soms ’n groot opoffering van hulle (Psalm 15:4). Hulle woord is hulle eer, en hulle kom dit na. Ander het opregte bedoelings en wil baie graag hulle beloftes hou. Hulle is gereed en bereid om te doen wat hulle beloof het, maar is eenvoudig nie daartoe in staat nie. Omstandighede kan selfs die edelste voornemens dwarsboom.—Prediker 9:11.

Hoe dit ook al sy, die werklikheid is dat baie mense dit uiters moeilik vind om te glo wat enigiemand beloof. Die vraag ontstaan dus: Is daar enige beloftes waarop ons wel kan vertrou? Ja, daar is. Ons kan op die beloftes vertrou wat in God se Woord, die Bybel, gevind word. Ondersoek gerus wat die volgende artikel oor hierdie onderwerp sê. Jy sal dalk, soos miljoene ander, tot die slotsom kom dat ons werklik op God se beloftes kan vertrou.

[Foto-erkenning op bladsy 3]

AP Photo/Amel Emric

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel