Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • jy hfst. 128 bl. 292-bl. 293 par. 2
  • Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes
  • Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Soortgelyke materiaal
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Wie was Pontius Pilatus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
  • Jesus sterf op Golgota
    Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
Sien nog
Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
jy hfst. 128 bl. 292-bl. 293 par. 2
Herodes en sy soldate spot vir Jesus

HOOFSTUK 128

Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes

MATTEUS 27:12-14, 18, 19 MARKUS 15:2-5 LUKAS 23:4-16 JOHANNES 18:36-38

  • JESUS WORD DEUR PILATUS EN HERODES ONDERVRA

Jesus probeer dit nie vir Pilatus wegsteek dat hy ’n koning is nie. Maar Rome hoef nie bekommerd te wees oor sy Koninkryk nie. Jesus sê: “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie. As my Koninkryk deel van hierdie wêreld was, sou my volgelinge geveg het sodat ek nie aan die Jode oorgelewer word nie. Maar my Koninkryk is nie van hier nie” (Johannes 18:36). Ja, Jesus het ’n Koninkryk, maar dit is nie van hierdie wêreld nie.

Maar Pilatus laat die saak nie daar nie. Hy vra: “Wel, is jy ’n koning?” Jesus se antwoord wys vir Pilatus dat hy reg is oor die feit dat hy ’n koning is. Hy sê: “U sê self dat ek ’n koning is. Hiervoor is ek gebore en hiervoor het ek in die wêreld ingekom, om van die waarheid te getuig. Elkeen wat aan die kant van die waarheid is, luister na my stem.” – Johannes 18:37.

Jesus het vroeër vir Tomas gesê: “Ek is die weg en die waarheid en die lewe.” Nou hoor Pilatus ook dat die rede hoekom Jesus aarde toe gestuur is, is om van “die waarheid” te getuig, die waarheid oor sy Koninkryk. Jesus is vasbeslote om getrou te bly aan hierdie waarheid selfs al moet hy sy lewe verloor. Pilatus vra: “Wat is waarheid?”, maar hy wag nie vir ’n antwoord nie. Hy voel dat hy genoeg gehoor het om te besluit wat met hierdie man moet gebeur. – Johannes 14:6; 18:38.

Pilatus gaan nou terug na die skare wat buite die paleis wag. Jesus staan blykbaar langs hom wanneer hy vir die hoofpriesters en dié wat saam met hulle is, sê: “Ek vind nie bewyse dat hierdie man enige misdaad gepleeg het nie.” Die skare is kwaad oor hierdie besluit en sê: “Hy steek die volk op deur die mense in die hele Judea te leer, van Galilea af en selfs tot hier.” – Lukas 23:4, 5.

Pilatus is sekerlik verbaas oor hoe onredelik die Jode is. Terwyl die hoofpriesters en ouermanne aanhou skree, vra Pilatus vir Jesus: “Hoor jy nie al die dinge waarvan hulle jou beskuldig nie?” (Matteus 27:13). Jesus antwoord hom nie. Dit verbaas Pilatus om te sien hoe kalm Jesus bly, al sê hulle al hierdie dinge wat nie waar is nie.

Die Jode het gesê dat Jesus “van Galilea af” begin het. Pilatus besef dat Jesus eintlik ’n Galileër is. Dit gee Pilatus ’n idee oor hoe hy dalk weg kan kom van die verantwoordelikheid om Jesus te oordeel. Herodes Antipas (die seun van Herodes die Grote) is die heerser van Galilea, en hy is in Jerusalem vir die Pasgaseisoen. So Pilatus stuur Jesus na Herodes. Dit is Herodes Antipas wat Johannes die Doper se kop laat afkap het. Later, toe Herodes hoor dat Jesus wonderwerke doen, was hy bekommerd dat Jesus dalk Johannes is wat uit die dood opgewek is. – Lukas 9:7-9.

Herodes is nou baie bly dat hy Jesus gaan sien. Dit is nie omdat hy Jesus wil help of wil uitvind of die beskuldigings teen hom waar is nie. Herodes is maar net nuuskierig en hy ‘hoop dat Jesus die een of ander teken sal doen’ (Lukas 23:8). Maar Jesus gee hom nie wat hy wil hê nie. Om die waarheid te sê, terwyl Herodes hom vrae vra, sê Jesus nie ’n woord nie. Herodes is teleurgesteld en hy en sy soldate “verneder” Jesus (Lukas 23:11). Hulle trek vir hom ’n mooi kleed aan en spot hom. Dan stuur Herodes Jesus terug na Pilatus. Herodes en Pilatus was vyande, maar nou word hulle goeie vriende.

Wanneer Jesus teruggaan na Pilatus, roep hy die hoofpriesters, die Joodse leiers en die mense en sê: “Ek het hom voor julle verhoor, maar ek kon geen bewyse vind van die aanklagte wat julle teen hierdie man inbring nie. Herodes kon ook nie enige bewyse vind nie, want hy het hom na ons toe teruggestuur, en hy het niks gedoen wat die dood verdien nie. Ek sal hom dus straf en vrylaat.” – Lukas 23:14-16.

Pilatus wil Jesus baie graag vrylaat, want hy besef dat die priesters Jesus net oorhandig het omdat hulle jaloers is. Terwyl Pilatus probeer om Jesus vry te laat, kry hy nog ’n rede om dit te doen. Terwyl hy op sy regterstoel sit, stuur sy vrou vir hom die volgende boodskap: “Jy moet niks met daardie regverdige man te doen hê nie, want ek het vandag in ’n droom [blykbaar ’n droom van God af] baie gely as gevolg van hom.” – Matteus 27:19.

Hoe kan Pilatus hierdie onskuldige man vrylaat soos hy behoort te doen?

  • Hoe vertel Jesus “die waarheid” oor die feit dat hy ’n koning is?

  • Wat besef Pilatus omtrent Jesus, hoe reageer die mense, en wat doen Pilatus?

  • Hoekom is Herodes Antipas bly om Jesus te sien, en wat doen hy met hom?

  • Hoekom wil Pilatus Jesus vrylaat?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel