Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 90 bl. 210
  • Jesus sterf op Golgota

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jesus sterf op Golgota
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Onskuldig bevind deur Pilatus en Herodes
    Jesus – Die weg, die waarheid, die lewe
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
  • Van Pilatus na Herodes en weer terug
    Die grootste mens wat nog geleef het
  • Wie was Pontius Pilatus?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2005
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 90 bl. 210
Terwyl Jesus aan ’n paal hang, staan ’n militêre offisier en party van Jesus se dissipels, insluitende Maria en Johannes, daar naby

LES 90

Jesus sterf op Golgota

Die hoofpriesters het Jesus na die goewerneur se paleis geneem. Pilatus het hulle gevra: ‘Wat het hierdie man verkeerd gedoen?’ Hulle het gesê: ‘Hy sê dat hy ’n koning is!’ Pilatus het Jesus gevra: “Is jy die Koning van die Jode?” Jesus het geantwoord: “My Koninkryk is geen deel van hierdie wêreld nie.”

Daarna het Pilatus Jesus na Herodes gestuur, wat die heerser van Galilea was. Herodes moes kyk of hy enigiets teen Jesus kon vind. Herodes kon niks teen hom vind nie en het hom teruggestuur na Pilatus toe. Pilatus het toe vir die mense gesê: ‘Nie ek of Herodes kon enigiets teen hierdie man vind nie. Ek sal hom laat gaan.’ Die skare het geskree: ‘Maak hom dood! Maak hom dood!’ Soldate het Jesus met ’n sweep geslaan, op hom gespoeg en hom seergemaak. Hulle het ’n kroon van dorings op sy kop gesit en hom gespot en gesê: ‘Goeiedag, Koning van die Jode.’ Pilatus het weer vir die skare gesê: ‘Ek het niks in hom gevind wat verkeerd is nie.’ Maar hulle het geskree: “Hang hom aan die paal!” Daarom het Pilatus Jesus oorgegee om doodgemaak te word.

Die soldate het Jesus na ’n plek met die naam Golgota geneem, hom aan ’n paal vasgespyker en die paal regop laat staan. Jesus het gebid: ‘Vader, vergewe hulle, want hulle weet nie wat hulle doen nie.’ Mense het met Jesus gespot en vir hom gesê: ‘As jy God se Seun is, kom van daardie paal af! Red jouself.’

Een van die misdadigers wat langs hom gehang het, het gesê: “Dink aan my wanneer u in u Koninkryk kom.” Jesus het belowe: “Jy sal saam met my in die Paradys wees.” Daardie middag het dit pikdonker geword, en dit het drie ure lank donker gebly. Party van die dissipels en Jesus se ma, Maria, het naby die paal gestaan. Jesus het vir Johannes gesê om vir Maria te sorg soos ’n seun vir sy eie ma sal sorg.

Uiteindelik het Jesus gesê: “Dit is afgehandel!” Hy het sy kop laat sak en sy laaste asem uitgeblaas. Op daardie oomblik was daar ’n groot aardbewing. In die tempel het die swaar gordyn tussen die Heilige en die Allerheiligste in twee stukke geskeur. ’n Militêre offisier het gesê: ‘Dit was regtig God se Seun.’

“Ongeag hoeveel beloftes van God daar is, hulle het ‘ja’ geword deur middel van hom.” – 2 Korintiërs 1:20

Vrae: Hoekom het Pilatus toegelaat dat Jesus doodgemaak word? Hoe het Jesus gewys dat hy meer vir ander mense omgee as vir homself?

Matteus 27:11-14, 22-31, 38-56; Markus 15:2-5, 12-18, 25, 29-33, 37-39; Lukas 23:1-25, 32-49; Johannes 18:28–19:30

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel