Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • lfb les 50 bl. 120-bl. 121 par. 5
  • Jehovah beskerm Josafat

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Jehovah beskerm Josafat
  • Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
  • Soortgelyke materiaal
  • Josafat vertrou op Jehovah
    My boek met Bybelverhale
  • “Die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Wees ywerig vir Jehovah se huis!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2009
  • Oordeel word in die dal van beslissing voltrek
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1998
Sien nog
Lesse wat jy kan leer uit die Bybel
lfb les 50 bl. 120-bl. 121 par. 5
Koning Josafat en die Levitiese sangers lei die leërmag uit Jerusalem uit

LES 50

Jehovah beskerm Josafat

Josafat, die koning van Juda, het al die altare van Baäl en die afgode in die land vernietig. Hy wou hê dat die volk Jehovah se wette moes ken. Daarom het hy leiers en Leviete regoor Juda gestuur om Jehovah se wette aan die volk te leer.

Die nasies in die omgewing was bang om Juda aan te val, want hulle het geweet dat Jehovah met sy volk is. Hulle het selfs vir koning Josafat geskenke gebring. Maar toe het die Moabiete, die Ammoniete en die mense van Seïr teen Juda kom veg. Josafat het geweet dat hy Jehovah se hulp nodig het. Hy het al die manne, vroue en kinders in Jerusalem bymekaar laat kom. Hy het voor hulle almal gebid: ‘Jehovah, sonder u kan ons nie wen nie. Sê asseblief vir ons wat ons moet doen.’

Jehovah het die gebed beantwoord: ‘Moenie bang wees nie. Ek sal julle help. Neem julle plek in, staan stil en sien hoe ek julle gaan red.’ Hoe het Jehovah hulle gered?

Die volgende oggend het Josafat sangers gekies en vir hulle gesê om voor die leërmag te loop. Hulle het van Jerusalem af geloop tot by die slagveld in ’n plek met die naam Tekoa.

Terwyl die sangers Jehovah vreugdevol met ’n harde stem geloof het, het Jehovah vir sy volk geveg. Hy het die Ammoniete en die Moabiete so verwar dat hulle mekaar begin aanval het, en nie een van hulle het oorleef nie. Maar Jehovah het die volk van Juda, die soldate en die priesters beskerm. Al die volke in die lande daar naby het gehoor wat Jehovah gedoen het, en hulle het geweet dat Jehovah nog steeds sy volk beskerm. Hoe red Jehovah diegene wat hom aanbid? Op baie maniere. Hy het nie mense se hulp nodig om dit te doen nie.

“Julle sal nie in hierdie oorlog hoef te veg nie. Neem julle posisies in, staan stil en sien hoe Jehovah julle red.” – 2 Kronieke 20:17

Vrae: Watter soort koning was koning Josafat? Hoe het Jehovah Juda beskerm?

2 Kronieke 17:1-19; 20:1-30

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel