Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 2/15 bl. 4-6
  • Die vrede waarvan wêreldeenheid afhang

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die vrede waarvan wêreldeenheid afhang
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • GOD DOEN ’N BEROEP OP HEERSERS
  • HOE OM VREDE MET GOD TE MAAK
  • Laat “die vrede van God” jou hart bewaar
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Hoe vrede op aarde kan kom
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Ware vrede—Uit watter bron?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Goddelike vrede vir die wat deur Jehovah geleer word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 2/15 bl. 4-6

Die vrede waarvan wêreldeenheid afhang

DIE begeerte dat oorlog afgeskaf moet word, is baie prysenswaardig. So ’n prestasie sal voorwaar groot verligting verskaf. Maar kan dit blywend wees? Israel en Egipte geniet die afgelope ruk beter verhoudinge weens hulle verdrag. Maar is die haat tussen Israeli en Arabier weggeneem? Of sit hulle as ’t ware ‘op ’n kruitvat’? Word die diepgewortelde rasse-, godsdiens- en volksvooroordeel in ander lande soos Ierland, Libanon en Zimbabwe-Rhodesië eweneens uitgewis?

Nog ’n vraag wat in aanmerking geneem moet word wanneer vredesreëlings in oënskou geneem word, is: Wat is die morele basis vir vrede? In internasionale verdrae soek elke betrokke land gewoonlik al die voordele en toegewings wat dit kan kry. Wanneer ’n verdrag of ooreenkoms aangegaan word, is dit dikwels bloot ’n geval van “vreedsame naasbestaan”, ’n ongemaklike verdraagsaamheid teenoor mekaar, maar sonder ware harmonie. Albei nasies is gewoonlik terselfdertyd besig om hulle wapenvoorraad aan te vul om hulself teen ander lande of teen mekaar te beskerm. Wanneer twee of meer nasies ’n verdrag onderteken, is ander nasies daarbenewens gekrenk oor die koalisie omdat hulle meen dat dit ’n magset teen hulle is. Hulle raak agterdogtig en vrees ’n sameswering of ’n aanval.

Wat skort dus met sulke vredespogings? Die volgende: Dit maak nie saak hoe opreg die nasies se pogings is om vrede te maak nie, maar as hulle nie die Bybel geraadpleeg het nie, sal hulle nie weet wat God se wil aangaande hierdie sake is of wat hy bepaal het die grondslag vir vrede moet wees nie. Omdat hulle dit nie onderskei nie, versuim hulle in die eerste plek om vrede met God te maak. Gevolglik is die regte grondslag nie gelê nie. Hoe kan hulle dan verwag dat hulle nie strydig met sy wil sal handel nie indien hulle nie in harmonie met die Soewerein van die heelal verkeer nie? Hoe kan die nasies hoop om vrede teweeg te bring tensy hulle met die Universele Soewerein vrede gemaak het?

GOD DOEN ’N BEROEP OP HEERSERS

Party meen dat dit onmoontlik is vir enige persoon of nasie om God te behaag—om vrede met hom te geniet. Maar dit is nie waar nie. God verwelkom enige persoon wat ’n vreedsame verhouding met hom wil geniet (Hand. 17:26, 27). Hy sal daardie persoon in staat stel om te wete te kom hoe sulke vrede verkry kan word. Is dit nie redelik om vas te stel wat die wil is van die Een wat volgens die Bybel die Heerser in die koninkryk van die mensdom is nie?—Dan. 4:25.

God doen selfs ’n beroep op volksregeerders wanneer hy sê: “Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die HERE met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie.”—Ps. 2:10-12.

Uit die verklaring in hierdie psalm en uit talle ander tekste kan ons sien dat die nasies eers vrede met God moet maak voordat daar wêreldvrede kan wees. Die hoofvereiste om vrede te geniet, is hartgrondige harmonie en eenheid met die Skepper en Soewerein. Hy weet wat nodig is vir die tevredenheid en geluk van diegene wat hy geskape het. Dit het in ons dag duideliker geword daar ons gesien het hoedat die mens se pogings op die gebied van die ekologie dikwels neergekom het op dwase of hebsugtige flaters en nou selfs die lewe op aarde bedreig.

Die beroep in die tweede Psalm op konings en regters van die aarde bied die heersers van politieke nasies ’n geleentheid om vrede met God en sy Seun te maak. Maar die geskiedenis toon dat geen hele nasie dit gedoen het nie en profesieë toon dat geen politieke nasie dit ooit sal doen nie (Ps. 2:2, 3; Openb. 16:13-16). Gevolglik sal die nasies nooit vrede met God of met mekaar geniet nie. Omdat hulle hierdie houding aangeneem het, sal ‘die wêreld en sy begeerlikheid verbygaan’.—1 Joh. 2:17.

HOE OM VREDE MET GOD TE MAAK

God het die mag om sy wil af te dwing en vrede tot stand te bring, ongeag wat die nasies doen. Maar hy beloof nie ’n gedwonge vrede nie. Dit is wat party manne as die enigste realistiese hoop beskou. Hulle meen dat die nasies hulself moontlik met kernwapens sal bewapen tot die punt waar almal bang sal wees om ’n oorlog te begin, wetende dat daar geen oorwinnaar sal wees nie, maar slegs wêreldvernietiging. Ander beweer dat ’n superregering, ’n wêreldregering, of ten minste ’n unie van volksregerings vir vrede die begeerde doelwit sal bereik.

God sal egter ’n ander soort wêreldvrede tot stand bring. Hy deel ons mee dat slegs vredeliewende mense—diegene wat waarlik ware vrede wil hê—dit sal geniet. “Die ootmoediges . . . sal die aarde besit”, sê die psalmis, “en hulle verlustig oor groot vrede” (Ps. 37:11). Jesus Christus het hierdie belofte in sy Bergpredikasie herhaal (Matt. 5:5). Hy het sy volgelinge geleer om te bid: “Onse Vader wat in die hemele is, laat u Naam geheilig word; laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde.”—Matt. 6:9, 10.

Watter regering sal oor daardie vreedsame wêreld regeer? Nie een met sy setel in ’n aardse stad nie. Die administratiewe liggaam sal in die hemel geleë wees. Jesus het dit “die koninkryk van die hemele” genoem (Matt. 4:17). Dit is die regering van God se Seun, wat God se profeet die “Vredevors” genoem het. Van sy bewind het die profeet gesê: “Tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid.”—Jes. 9:5, 6.

Net soos Jesaja se profesie vrede onder die hemelse bewind van Jesus Christus voorspel het, vergelyk die psalmis Dawid die bewind van Christus met die vreedsame bewind van koning Salomo, toe Salomo oor die Beloofde Land geheers het reg tot by die grense wat deur God vasgestel is. Die psalmis beskryf die soort vrede wat God begeer wanneer hy sê: “Hy sal aan die ellendiges van die volk reg verskaf, die kinders van die behoeftige verlos en die verdrukker verbrysel. . . . In sy dae sal die regverdige bloei en volheid van vrede, totdat die maan nie meer is nie [met ander woorde, onbepaald of vir ewig]. En hy sal heers van see tot see . . . Mag daar volheid van koring wees in die land, . . . Geloofd sy die HERE God, die God van Israel, wat alleen wonders doen! En geloofd sy vir ewig sy heerlike Naam! En laat die hele aarde met sy heerlikheid vervul word!”—Ps. 72:4-19.

Wat is die stappe om vrede met God en, gevolglik, met ander te maak? Kan dit op ’n globale skaal gedoen word sodat ware wêreldvrede die gevolg sal wees? Hierdie vraag, wat vir almal van die grootste belang is, is die onderwerp wat in die volgende artikel bespreek word.

[Prent op bladsy 5]

Die Bybel toon dat wêreldvrede op vrede met God berus

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel