Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w80 2/15 bl. 12
  • “Waar sal my hulp vandaan kom?”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • “Waar sal my hulp vandaan kom?”
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah is ons Helper
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2004
  • Die veiligheid van God se knegte
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
  • “My hulp is van Jehovah”
    Ons Christelike lewe en bediening — Vergaderingwerkboek — 2016
  • Jehovah is ons toevlug
    ‘Sing met vreugde’ vir Jehovah
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1980
w80 2/15 bl. 12

Psalms

“Waar sal my hulp vandaan kom?”

WAARHEEN wend jy jou in ’n tyd van groot benoudheid? Is dit na dieselfde bron as die psalmis? Hierdie liederedigter van lank gelede het gesê: “Ek slaan my oë op na die berge: waar sal my hulp vandaan kom? My hulp is van die HERE wat hemel en aarde gemaak het.”—Ps. 121:1, 2.

Toe hierdie woorde neergeskryf is, was die allerhoogste God se heiligdom in Jerusalem. In ’n simboliese sin was die stad dus sy woonplek. Die psalmis het dus sy oë opgehef na die berge, klaarblyklik die van Jerusalem, en ’n beroep op die grootse Skepper, Jehovah, gedoen om hulp te verleen.—1 Kon. 8:30, 44, 45; Dan. 6:11.

Waar hy sy onwrikbare geloof in God se vermoë om die nodige hulp te verleen uitspreek, sê die psalmis voorts: “Hy kan jou voet nie laat wankel nie; jou Bewaarder kan nie sluimer nie. Kyk, die Bewaarder van Israel sluimer of slaap nie” (Ps. 121:3, 4). Dit is eenvoudig onmoontlik vir die Almagtige om diegene wat op hom vertrou te laat wankel, om ’n val te ervaar waarvan hulle nie kan herstel nie. Hy sal hulle as sy goedgekeurde knegte voor hom staande hou. Daar bestaan geen gevaar dat hy hulle in die steek sal laat gedurende ’n tydperk dat hy sluimer of slaap nie. Die Allerhoogste se vermoë om hulp te verleen, neem nooit af nie en hy is terdeë bewus van alles wat gebeur. Hy sluimer nooit en hy slaap nooit. Gevolglik is diegene wat deur hom bewaar word veilig.

Die psalmis sê verder: “Die HERE is jou Bewaarder; die HERE is jou skaduwee aan jou regterhand. Die son sal jou bedags nie steek nie, die maan ook nie by nag nie. Die HERE sal jou bewaar vir elke onheil; jou siel sal Hy bewaar. Die HERE sal jou uitgang en jou ingang bewaar; van nou af tot in ewigheid.”—Ps. 121:5-8.

Wanneer Jehovah persone bewaar, is hy soos ’n beskermende skaduwee wat die son se stekende strale van hulle af weghou. Hy is aan die regterhand, die beste hand. Dit is betekenisvol, want in eertydse oorlogvoering is die swaard gewoonlik met die regterhand hanteer, en gevolglik kon dit nie beskerm word deur die skild wat in die linkerhand vasgehou is nie. Beskerming is gewoonlik verleen deur ’n lojale vriend wat aan die kryger se regterkant gestaan het. Net soos ’n betroubare vriend bied Jehovah God ‘skaduwee aan die regterhand’.

Met Jehovah as Bewaarder sal ’n persoon beskerm word teen teëspoed wat vergelyk kan word met sonsteek gedurende die dag en nypende koue gedurende die nag, wanneer die maan aan die hemelruim gesien kan word. Trouens, Jehovah sal sy knegte bewaar teen alle rampe wat hulle blywend kan benadeel. Nou sowel as in die toekoms sal hy sulke beskerming verleen wanneer ’n persoon sy huis verlaat en wanneer hy terugkeer.

Almal wat Jehovah as hulle Bewaarder het, hoef dus beslis nie angstig te wees nie. Hulle sal probleme teëkom, moontlik selfs ’n gewelddadige dood in die gesig staar. Maar solank as wat hulle op hulle Skepper vir hulp staat maak, sal hy hulle beskerm teen alles wat hulle geestelike ondergang kan bewerkstellig. Hulle sal dus steeds vasstaan as sy goedgekeurde knegte.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel