Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 2/1 bl. 21
  • Gileadsendelinge is uniek!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Gileadsendelinge is uniek!
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Nuwe tuiste vir die Gilead-Sendingskool
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1989
  • Nuwe sendelinge—voorbereid vir sukses in die veld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Meer sendelinge vir die wêreldoes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Graduering van die 83ste Gileadklas waarlik ’n feestelike geleentheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 2/1 bl. 21

Gileadsendelinge is uniek!

JEHOVAH SE GETUIES is anders! Dit is herhaaldelik by die gradeplegtigheid van die 75ste klas van die WagtoringBybelskool Gilead op Sondag, 11 September 1983, beklemtoon. ’n Gehoor van 2 023 het aandagtig geluister terwyl elke spreker die graduerende sendelinge aangespoor het om hulle unieke posisie as lojale verteenwoordigers van Jehovah God te bewaar.

In sy inleidende opmerkings het voorsitter Karl F. Klein duidelik getoon dat Jehovah se Getuies werklik anders is. “Baie min godsdiensorganisasies in die Verenigde State stuur sendelinge uit op die wyse wat Jesus gesê het ons hulle moet uitstuur”, het hy gesê (Mattheüs 28:19, 20). En hy het gesê dat die paar wat wel sendelinge uitstuur, hulle gewoonlik hulle kragte laat toespits op sekulêre, ekonomiese en maatskaplike geskille, of hulle word politieke aktiviste of mediese sendelinge. “Die enkeles wat nog preek”, het Klein gesê, “sê niks oor die belangrikheid van Jehovah se naam of oor die Koninkryksevangelie nie.” “Maar dit ly geen twyfel dat al Jehovah se Getuies geleer word om die Koninkryk van God te verkondig nie”, het hy bygevoeg, “en dit word veral in die Gileadsendelingskool geleer.”

L. A. Swingle, nog ’n lid van die Bestuursliggaam van Jehovah se Getuies, het die aandag gevestig op hoe mooi die klas was—veral in ’n geestelike sin. “In ons oë en in Jehovah se oë”, het broer Swingle vir die studente gesê, “is julle ’n pragtige groep Getuies, hier waar julle nou julle kursus voltooi en ’n toewysing aanvaar om na die uithoeke van die aarde te gaan.”

Die studente het ook afskeidsraad van hulle instrukteurs gekry. U. V. Glass het na die feit verwys dat Jesaja homself in Jesaja 49:2 met ’n skerp pyl vergelyk het en die studente daaraan herinner dat hulle behoorlik opgelei en voorberei is, en dat hulle ‘n gedugte wapen in die hande van die Stryder-Koning, Jesus Christus, kon wees. Instrukteur J. Redford het die klas aangespoor: “Doen julle goeie naam—Gileadgegradueerde—gestand deur ’n hoop getuienis te lewer in die lande waarheen julle gestuur word.”

C. W. Barber, ook ’n lid van die Bestuursliggaam, het dit die studente op die hart gedruk dat hulle hulle toewysings ernstig moet opneem. Spreker R. Wheelock het gewys op die welslae wat vorige sendelinge behaal het deur die voorbeeld van Jesus Christus te volg.

L. K. Greenlees, ook ’n lid van die Bestuursliggaam, het die gegradueerdes vergelyk met die eertydse Gibeoniete wat vasbeslote was om Jehovah te dien, en hy het hulle aangeraai: ‘Neem julle voor om soos daardie Gibeoniete te wees. Laat julle toewysing vir julle kosbaar wees en versorg dit naarstiglik.’

Die oggendprogram is afgesluit deur die toespraak van F. W. Franz, president van die Wagtoringgenootskap sowel as Gileadskool. Hy het gepraat oor die onderwerp “’n Tyd om te skyn” en die aandag gevestig op die feit dat die studente reeds as pionierbedienaars in die getuieniswerk geskyn het. “Deur middel van hulle Gileadopleiding”, het hy gesê, “is hulle beter as ooit tevore toegerus om hulle lig te laat skyn en te toon watter kragtige middel God in die vorm van die Wagtoring-Bybelskool Gilead gebruik.” Toe die studente daarna hulle diplomas ontvang het, was daar hartlike applous.

Die middagprogram is deur die studente aangebied. Nadat hulle die vrae in die Wagtoring-studie beantwoord het, het hulle ’n musiekprogram aangebied met die tema “Sing lofliedere tot Jehovah in die hele aarde”. Deur middel van ’n hersiening van die geskiedenis van die musiek wat Jehovah se Getuies die afgelope honderd jaar gebruik het, is daar getoon dat hulle inderdaad anders as die wêreld is—selfs waar dit kom by die melodieë en woorde wat gebruik is.

Die studente se aanbieding van ’n Bybelse drama het die program afgesluit. Vol vreugde om op hierdie besondere wyse deur Jehovah gebruik te word en met ’n gebed van dank en die bede dat Jehovah se seën op hulle moet rus, het die 38 studente vertrek—gretig om na die 17 lande te gaan waarheen hulle gestuur is.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel