HONDERDSTE JAARVERGADERING, 6 OKTOBER 1984
Dit is vir ons ’n groot genoeë om aan te kondig dat die jaarvergadering van lede van die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië vanjaar op 6 Oktober 1984 gehou sal word in die Byeenkomssaal van Jehovah se Getuies in Pittsburgh, R. D. 2, Coraopolis, Pennsilvanië 15108. Dit is naby Pittsburgh, Pennsilvanië, waar die Genootskap in die lewe geroep is. Die vergadering sal om tienuur Saterdagoggend, 6 Oktober 1984, begin.
Die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië is in 1881 gestig en is eers in 1884 onder die naam Zion’s Watch Tower Tract Society geïnkorporeer. ln 1984 is hierdie Bybelgenootskap dus honderd jaar oud. Op watter kragtige wyse het Jehovah God tog hierdie Genootskap gedurende die afgelope honderd jaar gebruik!
’n Spesiale program, onder meer die sakevergadering, sal gereël word van 10:00 vm. tot 12:00 vm. en van 2:00 nm. tot 5:00 nm. Reëlings word getref om die Byeenkomssaal in Pittsburgh met ander beskikbare byeenkomssale in die Verenigde State sowel as in Kanada te verbind sodat soveel moontlik die geleentheid sal hê om hierdie ryk geestelike feesmaal te geniet. Maar selfs hierdie reëling sal nie genoeg sitplek bied vir al Jehovah se Getuies wat graag na die program sal wil luister nie. Gevolglik sal slegs diegene genooi word wat al meer as 40 jaar lank gedoopte Getuies is, en slegs kaartjiehouer sal toegelaat word. Gemeentes sal mettertyd meer besonderhede ontvang.
Die gewone kennisgewings van die jaarvergadering, tesame met die volmagte, sal aan die lede van die korporasie gestuur word sodat ons hulle antwoorde uiterlik op 1 Augustus 1984 kan ontvang. Elke lid moet sy volmag stiptelik invul en terugstuur, of hy nou die sakevergadering in Pittsburgh persoonlik gaan bywoon of in ’n ander byeenkomssaal daarna gaan luister. Die informasie wat op die volmag verstrek word, moet akkuraat wees, aangesien ons dit sal gebruik om te bepaal waar lede teenwoordig sal wees. Indien die lid deur ’n reisgesel vergesel gaan word, moet dit ook gemeld word sodat ’n sitplek vir die reisgesel bespreek kan word.