Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 11/15 bl. 3-4
  • Ons eeu van vertwyfeling

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Ons eeu van vertwyfeling
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat sê die Bybel oor kernoorlog?
    Nog onderwerpe
  • Kan die mens blywende vrede en veiligheid bring?
    Ware vrede en veiligheid—Hoe kan jy dit vind?
  • Kernoorlog—Wie is die bedreigings?
    Ontwaak!—2004
  • Die kernbedreiging—Vir goed uit die weg geruim!
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 11/15 bl. 3-4

Ons eeu van vertwyfeling

“EK SOU graag in my lewe wêreldvrede wou sien”, het die jong universiteitstudent gesê, “maar weens al die haat in die wêreld weet ek dat dit net ’n droom is.” Is dit ook hoe jy voel? Lyk die wêreldsituasie vir jou hopeloos?

So ’n droewe vooruitsig is nie ongegrond nie. Toestande in die wêreld is uit baie oogpunte kritiek. Die mens se voortbestaan word bedreig. Die aarde se lug, voedsel en water word teen ’n skrikwekkende tempo besoedel. Ekonomiese toestande versleg en misdadigheid neem vinnig toe sodat baie voortdurend vir hulle lewens en besittings vrees. Wêreldonrus en -spanning is erger as ooit.

Iets wat mense nog meer ontstel, is die bedreiging van kernuitwissing wat soos ’n donker wolk oor die aarde hang terwyl oorloë en opstande voortduur met geen teken van afname nie. ’n Ander student het baie se vertwyfeling in woorde uitgedruk toe hy gesê het: “Dit lyk of daar so te sê niks is wat die individu omtrent die kwessie van kernoorlog kan doen nie.”

Selfs al kan kernuitwissing afgeweer word, word die mens se voortbestaan deur die mensdom se talrykheid in gevaar gestel. “Die wêreldbevolking was meedoënloos en teen so ’n ongehoorde tempo aan dat die wêreld, met sy bykomende miljarde, teen die jaar 2000—slegs 16 jaar van nou af—nie genoeg voedsel en energie sal kan voorsien nie, om nie eens van betrekkings, huisvesting, onderwys en gesondheidsorg te praat nie”, berig die tydskrif Parade. “En wat teen die middel van die 21ste eeu kan gebeur (wanneer babas wat in hierdie dekade gebore word, bejaard sal wees), gaan die verbeelding te bowe.”

Daar sterf jaarliks miljoene weens die skokkende voedselsituasie in talle lande van die Derde Wêreld, ’n Deskundige aan die V.S.A. se Sensusburo se Sentrum vir Internasionale Navorsing sê: “Tensy daar gou internasionale stappe gedoen word om die bevolkingsaanwas onder beheer te kry, kan ek sien dat regeringstelsel gaan verbrokkel.” Benewens die uitputting van basiese hulpbronne word algemene ondervoeding en siekte, geweldige bevolkingsverskuiwings, groter hongersnode, burgerlike stryd en selfs oorloë voorsien.

Maar toenemende vyandigheid en selfsug smoor enige hoop dat mense hulle probleme en verskille op ’n verstandige en minlike wyse sal oplos. Geweld het die gewone manier geword waarop daar uiting gegee word aan ware of vermeende griewe. “Outydse” broederskapwaardes—besorgheid oor en eerbied vir ander—bestaan feitlik nie meer in ons hedendaagse wêreld nie. Daar is waarlik “benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer . . . mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die wêreld kom”, net soos die Bybel voorspel het.—Lukas 21:25, 26.

‘Maar wanneer volwasse manne die naderende onheil van ons moeilike tye besef, kan hulle tog seker ooreenkomste uitwerk om wêreldvrede en -voorspoed te verseker’, sê jy dalk. Is dit, ongeag die wenslikheid daarvan, ’n realistiese hoop? Wat toon die geskiedverslag?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel