Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/1 bl. 21-24
  • Hulle het ‘hulle gewillig aangebied’

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hulle het ‘hulle gewillig aangebied’
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • ‘Gee dit vir die sendelinge’
  • Hulle ‘hart het hulle daartoe gedring’
  • Jehovah het sy volk geseën
  • Jehovah ‘sal dit voleindig’
  • Eer jy Jehovah met jou waardevolle dinge?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • “Waar kom die geld vandaan?”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1995
  • Die Gewer van “elke goeie gawe”
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1993
  • Oorvloedige vrygewigheid bring vreugde mee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2000
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/1 bl. 21-24

Hulle het ‘hulle gewillig aangebied’

SURINAME is ’n tropiese land, een van die meer as 200 lande waar Jehovah se Getuies bedrywig is. Onlangs het ’n sendelingegpaar in Suriname ’n rit van 320 kilometer in ’n Jeep afgelê om ’n paar aluminiumertsmyne te besoek en met die werkers aldaar oor God se voornemens te praat. Hulle het groot belangstelling gevind.

By hulle eerste stilhouplek het ’n kamp-bestuurder gesê: “Ek is regtig bly om julle hier te hê. Ons het werklik so iets nodig.” Toe het hy ’n aankondiging van ’n Bybeltoespraak en skyfievertoning wat daardie aand om 7:30 gehou sou word in die kafeteria aangebring. Toe die tyd aanbreek, het 70 mense opgedaag en aandagtig geluister na ’n toespraak oor hoe om God deur die skepping en die Bybel te leer ken, en toe het hulle na ’n paar gekose skyfies gekyk wat oor die wêreldwye predikingswerk gehandel het.

Daarna het die sendelinge verskillende publikasies aangebied wat die gehoor sou help om meer inligting te bekom. “Ek wil ’n boek hê”, het ’n bejaarde man gesê en vorentoe geloop. Dit het die bal aan die rol gesit. Die sendelinge se voorraad was gou gedaan, en die man moes hom na buite haas om ’n nuwe voorraad in die Jeep te kry, terwyl die vrou besig was om adresse neer te skryf van mense wat besoek wou word.

Dit was maar net die eerste aand van hulle toer. Hierdie sendelingegpaar het ’n week in daardie kontrei deurgebring en oral soortgelyke sukses behaal. Hulle ondervinding is ’n bewys van die groot begeerte wat nog in baie harte bestaan om die waarheid te hoor en Jehovah se wil te leer ken. Dit is om daardie begeerte te bevredig dat duisende van Jehovah se Getuies hulleself gedurende hierdie laaste dae beskikbaar gestel het om na lande soos Suriname gestuur te word om die plaaslike Getuies te help om al hierdie belangstelling te behartig. Hulle het derhalwe die psalmis se belofte vervul: “U volk sal hulle gewillig aanbied op die dag van u strydkrag” (Psalm 110:3, NW). En Jehovah seën hulle ryklik daarvoor.

Wil jy graag ’n deel hê aan hierdie seëninge wat hulle geniet? Miskien sal jy antwoord: ‘Maar ek kan nooit ’n sendeling wees nie!’ En dit mag so wees. Maar jy is dalk een van die baie wat reeds ’n belangrike rol gespeel het in die wonderlike ondervindinge wat sendelinge rondom die wêreld geniet het. Hoe?

‘Gee dit vir die sendelinge’

Net soos ’n meisietjie met die naam April. Nee, April is nie ’n sendelinge nie, hoewel sy seker graag eendag een sal wil wees. Maar op die oomblik is sy te jonk om na ’n vreemde land te reis en sulke opwindende ondervindinge te smaak. Sy wou nietemin ’n deel daaraan hê, en het derhalwe ’n brief aan die Wagtoringgenootskap se hoofkwartier in Brooklyn geskryf: “Iemand het by die kringbyeenkoms vir my ’n dollar* gegee. Ek wil dit vir julle gee sodat julle dit vir die sendelinge kan gee om hulle te help om mense van Jehovah te leer.” Klein April het gevolglik op ’n baie belangrike manier deel gehad aan die wêreldwye sendingwerk. Sy het van haar geld bygedra om dit te help finansier.

’n Ander brief het van iemand gekom wat ’n bietjie ouer as April is. Sy het geskryf: “Ek sluit ’n tjek van $100 in wat vir die Koninkrykswerk gebruik moet word. Dit is ’n geskenk wat ek pas ontvang het en ek stuur dit aan julle . . . Pionierdiens is al 46 jaar lank my leefwyse. Ek sal egter binnekort 90 wees en moes begin briek aandraai.” Hierdie opregte dienares wat Jehovah al jare lank dien, kon nie self ’n sendeling wees nie. Maar sy wou ’n deel daaraan hê, en het dit gedoen deur finansieel by te dra.

Hierdie twee briewe lig nog ’n manier toe waarop God se volk ‘hulle gewillig aanbied op die dag van sy strydkrag’. Hulle het die vermaning van die Bybelspreuk vervul: “Eer Jehovah met julle waardevolle dinge en met die eerste vrugte van julle hele opbrengs” (Spreuke 3:9, NW). Om die een of ander rede kan hulle hulle nie in dieselfde mate fisies aanbied as wat ander kan nie. Hulle het nogtans hulle “waardevolle dinge” bygedra en sodoende gehelp om dit vir ander moontlik te maak om dit wel te doen. In die verlede was sulke gewillige gawes ’n bewys van ’n paar belangrike beginsels. Kom ons kyk wat daardie beginsels was, en of hulle vandag nog geldig is.

Hulle ‘hart het hulle daartoe gedring’

In die tyd van Moses was daar ’n werk wat gedoen moes word: ’n tabernakel moes gebou word wat die sentrum vir ware aanbidding vir die volk van Israel sou wees. Bekwame Israeliete is genooi om hulle tyd en talente tot die bouwerk by te dra (Exodus 35:10). En almal is genooi om uit hulle materiële besittings by te dra om dit te finansier. Die gevolg: ’n ontsaglike bydrae, baie meer as wat nodig was. Dit is opmerkenswaardig dat die bydraes deur mense gegee is wat gewillig van hart was. Die verslag sê vir ons dat hulle “hart hulle daartoe gedring het”, ‘hulle hart hulle aangedryf het’. Ja, hulle bydrae was ’n blyk van geloof in Jehovah en het gewys dat hulle die doel van die tabernakel—ware aanbidding—ondersteun het.—Exodus 35:20-29, vgl. NW; 36:4-7.

In die dae van Hiskia moes ’n ander werk gedoen word. Na jare van verwaarlosing moes die tempel gereinig en die mense geleer word om Jehovah se wet te respekteer. Die Israeliete is meegedeel dat daar ’n behoefte aan materiële bydraes bestaan het “sodat hulle [die priesters en die Leviete] aan die wet van die here al hulle krag kon wy” (2 Kronieke 31:4). Die volk het so geesdriftig gereageer dat hoëpriester Asarja gesê het: “Die Here het sy volk geseën.”—2 Kronieke 31:10.

Die Israeliete se vrygewigheid het dus getoon dat hulle ’n goeie hartstoestand gehad het, ware aanbidding ondersteun het en ook Jehovah se seën geniet het. Wat van vandag?

Jehovah het sy volk geseën

Wel, vandag is daar ’n ander spesiale werk wat gedoen moet word. Jesus het geprofeteer: “Hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot ’n getuienis vir al die nasies; en dan sal die einde kom” (Mattheüs 24:14). Die Bybel het ook voorspel dat hierdie predikingswerk met ’n onderrigtingswerk en ’n insameling van ware aanbidders gepaard sou gaan (Jesaja 2:3, 4; 54:13; Sagaria 8:23; Mattheüs 28:19, 20; Openbaring 7:9). Speel bydraes ’n rol in hierdie werk?

Beslis. Dit kos byvoorbeeld duisende rande om ’n sendeling na die Wagtoring-Bybelskool Gilead te stuur en hom gedurende die kursus aldaar te onderhou, hom dan na ’n land soos Suriname te stuur en hom daar ’n aantal jare te onderhou. Tog het die Wagtoringgenootskap al meer as 6 000 sulke sendelinge uitgestuur vandat Gileadskool geopen het.

Dit is natuurlik net ’n gedeelte van die uitgawes wat met die prediking van die goeie nuus verband hou. Daar is ook die kring- en streekopsieners en hulle vrouens, en die werkers in die Genootskap se Bethelhuise, wie se diensvoorregte hulle verhinder om hulleself te onderhou deur sekulêre werk te doen. Daar is ook die spesiale pioniers wat finansiële hulp ontvang sodat hulle in moeilike gebiede kan dien. Maar dit is slegs die steun wat aan die werkers verleen word!

Voeg hierby die koste van nuwe drukperse en bindtoerusting, sowel as die onkoste van nuwe Bethelfasiliteite wat oral in die wêreld opgerig word, asook Byeenkomssale en honderde nuwe Koninkryksale. Hou ook die “verborge” onkoste in gedagte, soos die posgeld van briewe wat gereeld aan meer as 46 000 gemeentes geskryf word en die druk van die talle vorms en dokumente wat vir teokratiese organisasie nodig is. Nou begin jy besef hoe groot die bedrag is wat elke jaar bestee word om die “goeie nuus” te verkondig en om te verseker dat die “skape” plekke het om byeen te kom en geestelike voedsel het om te geniet.

Die wonderlike ding is dat Jehovah dit moontlik gemaak het. Hoe? Grootliks deur die harte van mense te beweeg om vrywillige bydraes te lewer. Individuele Christene skenk derhalwe geld—sowel as hulle tyd en energie—om plaaslike projekte soos Koninkryksale en Byeenkomssale te steun. Talle gemeentes stuur gereelde bydraes aan die Wagtoringgenootskap se takkantoor in hulle land. Individue doen ook op verskillende maniere regstreekse skenkings aan die Genootskap. (Kyk venstertjie.) Die gevolg? Selfs in hierdie moeilike ekonomiese tye beweeg Jehovah die hart van sy volk om die nodige te voorsien om die taak te voltooi wat hy aan hulle opgedra het.

Wat kan ons hieruit aflei? Dat Jehovah, net soos in die dae van Hiskia, “sy volk Israel geseën” het. Hy het op wonderbaarlike wyse getoon dat hy hulle werk steun. Net soos in Moses se dag kan ons sien dat Jehovah se volk die verkondiging van die goeie nuus van God se Koninkryk en die insameling van belangstellende persone van ganser harte steun. Hulle het bygedra, nie omdat hulle opgesweep is deur professionele geldinsamelaars nie, maar omdat hulle hart ‘hulle gedring’ het, ja, “hulle aangedryf” het.

Jehovah ‘sal dit voleindig’

In die eerste eeu het die apostel Paulus sendingwerk gedoen en wonderlike ondervindinge gehad—net soos die sendelingegpaar in Suriname. Hy is ook dikwels onderhou deur die bydraes van sy mede-gelowiges. Een gemeente wat veral hulp verleen het, was die een in Filippi. Toe Paulus aan hulle geskryf het, was hy gevolglik beweeg om die volgende te sê: “Ek dank my God elke maal as ek aan julle dink—en ek bid altyd in al my gebede vir julle almal met blydskap—oor julle gemeenskap aan die evangelie van die eerste dag af tot nou toe, omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ’n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus.”—Filippense 1:3-6; 4:16.

Christene voel vandag op soortgelyke manier aangemoedig. Getrou aan sy belofte, het Jehovah sy volk beweeg om hulle op verskillende maniere in sy diens ‘gewillig aan te bied’. Jehovah se Getuies ‘dank hulle God’ derhalwe “elke maal” en is daarvan oortuig dat Jehovah, wat so ’n goeie gees by sy hedendaagse volk aangekweek het, sy werk sal voleindig.

[Prent op bladsy 23]

Jehovah se volk steun Koninkryksvermeerdering gewillig

[Venster op bladsy 24]

Hoe sommige tot die Koninkrykswerk bydra

Geskenke: Party individue gee regstreeks geskenke en bydraes aan die Wagtoring- Bybel- en Traktaatgenootskap van Pennsilvanië, of aan die takkantoor in die land waar hulle woon. Sulke geskenke moet altyd deur ’n kort brief vergesel word wat sê dat die geld ’n vrywillige bydrae is.

Geskenke met spesiale voorsieninge:

Onder hierdie reëling gaan individue wat geld bydra ’n spesiale ooreenkoms aan dat dit aan hulle terugbesorg sal word indien hulle gedurende hulle lewe ’n gedeelte daarvan of alles sou nodig kry. Of, om die onkoste en onsekerheid van die verifikasie van ’n testament te vermy, gee party persone aandele, obligasies of grondeiendom aan die Genootskap. Ander gee sulke geskenke, maar behou die lewensreg daarop.

Versekering: Baie het hulle lewensversekeringspolis aan die Wagtoringgenootskap bemaak.

Testamente: Ander het, met die hulp en advies van hulle prokureur, die Genootskap in hulle testament bevoordeel.

Meer inligting of advies aangaande sulke sake kan verkry word deur aan die Genootskap se plaaslike takkantoor by die volgende adres te skryf: Die Wagtoring, Privaatsak 2, Elandsfontein, 1406.

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel