Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w84 12/15 bl. 3-4
  • Kersfees—Baie sien dit as ’n genieting, nie ’n gevaar nie

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Kersfees—Baie sien dit as ’n genieting, nie ’n gevaar nie
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Soortgelyke materiaal
  • Wat het geword van die tradisionele Kersfees?
    Ontwaak!—1993
  • Wat beteken Kersfees vir jou?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Kersfees—Waarom so gewild in Japan?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Moet jy Kersfees vier?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
w84 12/15 bl. 3-4

Kersfees—Baie sien dit as ’n genieting, nie ’n gevaar nie

“DIT lyk asof die blote naam Kersfees betowering inhou”, het ’n jeugdige Charles Dickens geskryf. “Kleinlike jaloesie en onenighede is vergete . . . Was dit maar die hele jaar lank Kersfees.” Dickens het blykbaar groot genot uit Kersfees geput, en hy het dit aan miljoene oorgedra deur romans soos A Christmas Carol. Hierdie boek word steeds op Kersaand hardop in familiekringe gelees (voormalige Amerikaanse president Franklin Roosevelt het glo hierdie gebruik gevolg). Toe Charles Dickens gesterf het, het ’n jongeling uitgeroep: “Dickens dood? Sal Kersvader dan ook sterf?” Maar Kersvader, of Sinterklaas, is nog baie lewend in die gedagtes en harte van talle kinders.

Dit is ook nie net kinders wat die viering as ’n genieting en nie as ’n gevaar beskou nie. ’n Invloedryke Australiër was diep geroer deur wat hy Kersaand, 1937, deur ’n oop venster gesien het. ’n Radio het saggies gespeel en daar het ’n ou dame, kers in die hand, na Kersliedere gesit en luister. Teen die volgende Kersfees het hy ’n massavergadering in die buitelug georganiseer wat “Kersliedere by kerslig” genoem is. Dit was ideaal vir Australiese someraande en dit het vinnig in gewildheid toegeneem. Vandag kom mense dwarsoor daardie land bymekaar, steek ’n kers op en sing Kersliedere.

Franciscus van Assisi was ’n groot voorstander van Kersfees. In 1224 het hy tot die genot van talle dorpenaars ’n Kersfeesdiens om ’n regte krip met ’n lewende os en esel gehou. Die kriptoneel het weldra gewild geword en met Kersfeestyd word dit steeds in baie Katolieke huise en kerke vertoon. Die Aracoeli, ’n kerk in Rome, het ’n kriptoneel met ’n baba wat met goud en juwele versier is. Vroue bring hulle kinders om hierdie “heilige baba” te vereer. Langs die beeld is stapels briewe van dwarsoor die wêreld wat om hulp en wonderwerke vra.

In Engeland het prins Albert (’n Duitser) en sy vrou, koningin Victoria, die Kersboom populêr gemaak deur een vir hulle Kersfeesviering in 1841 te gebruik. Die Duitse Weihnachtsbaum het eerlank baie gewild onder die Britte geword. Later het twee Anglikaanse geestelikes aan die hand gedoen dat ’n Kersboom en ’n krip in die St. Paulus-katedraal, Londen, gebruik word. Dit het teenstand uitgelok, met die gevolg dat koning George V gevra is om twee bome aan die Katedraal te skenk, wat hy dan ook gedoen het. Sedertdien is die krip en bome deel van die Desembertoneel aldaar, en ander Protestantse kerke gebruik ook hierdie simbole.

Kersfeesgebruike verskil van land tot land, maar die bekoring van Kersfees, die ligte en immergroen plantegroei, krippe en Kersliedere, partytjies en presente, is iets wat talle onweerstaanbaar vind. “Vir watter kind is Kersdag nie die wonderlikste dag van die hele jaar nie?” het geskiedskrywer Pimlott gevra. Maar waarom word die gedagte van gevaar in hierdie bespreking geopper as Kersfees vir so baie genotvol voorkom? Die feit is dat die ware oorsprong van Kersfees ontstellend is en die gevolge daarvan skadelik kan wees. Hoe so?

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel