Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 1/15 bl. 3-4
  • Die Midde-Ooste—slagveld van Armageddon?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die Midde-Ooste—slagveld van Armageddon?
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Armageddon—Wat dit nie is nie
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Waarom hoor ons so baie van Armageddon?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Wat is die oorlog van Armageddon?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Armageddon—wanneer?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1990
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 1/15 bl. 3-4

Die Midde-Ooste​—slagveld van Armageddon?

„ARMAGEDDON”​—wat beteken hierdie Bybelse naam? ’n Reeks leersame artikels oor hierdie tema, telkens ingelei deur ’n sinvolle voorblad, verskyn in die vier nommers van Die Wagtoring vir Januarie en Februarie 1985. Ons hoop dat hierdie Skriftuurlike besprekings jou sal gerusstel met kennis van wat ARMAGEDDON werklik is.

„TERWYL die wêreld na sy laaste uur van stryd spoed, is die belangrike stad om dop te hou nie New York, Moskou, Parys, Peking of Kaïro nie. Die stad om dop te hou, is Jerusalem!” So sê teoloë John F. en John E Walvoord in hulle boek Armageddon, Oil and the Middle East Crisis.

Baie kyk inderdaad onrustig na sowel Jerusalem as die onrusgeteisterde streek waarin dit lê. Die Londense Times sê: „Die Midde-Ooste word skrikwekkender.” Sommige vrees dat ’n toekomstige konfrontasie tussen die V.S.A. en die Sowjet-Unie aldaar so te sê onafwendbaar is. Teen Januarie 1984 het betrekkinge tussen die mededingende supermoondhede so agteruitgegaan dat die Bulletin of the Atomic Scientists sy beroemde „oordeelsdaghorlosie” (’n simbool van hoe naby die wêreld aan kernuitwissing is) tot drie minute voor middernag aangeskuif het. Die Bulletin het gesê: „Ons staan dus nou by ’n kritieke oomblik, op die drumpel van ’n tydperk van konfrontasie, ’n tyd waarin die botte eenvoud van geweld dreig om elke ander vorm van gesprekvoering tussen die supermoondhede te verdring. Dit is ’n angswekkende vooruitsig.”

’n Toenemende aantal fundamentalistiese predikers, teoloë en TV-evangeliste verwelkom egter hierdie verwikkelinge. Stygende spanning in die Midde-Ooste gee skynbaar geloofwaardigheid aan hulle verrassende voorspellings dat Armageddon binnekort in daardie omgewing gaan plaasvind! En deur in boeke, toesprake en televisieprogramme alarm te maak, het hulle ’n groot aanhang verkry.

Hierdie kommentators twis oor die presiese opeenvolging van gebeurtenisse. Maar ’n tipiese ,Armageddon-scenario’ sien daar so uit: Die begin van die ,oordeelsdagaftelling’, sê hulle, was die stigting van die staat Israel. Daarom meen hulle dat die sogenaamde wegraping ophande is. Volgens hulle sal ware Christene eersdaags plotseling van die aarde af verdwyn​—hulle sal na die hemel weggeraap word. Baie evangeliste voorspel selfs dat die nasie Israel gedurende die daaropvolgende sewe jaar van „verdrukking” tot die Christelike geloof bekeer sal word. Die grootste deel van die mensdom sal egter onder die betowering van ’n charismatiese diktator (die „Antichris”) kom, wat ’n koalisie van tien nasies sal lei. Selfs Israel, so glo hulle, sal hom by hierdie diktator aansluit. Maar ’n bondgenootskap van Arabiese en ander nasies sal, onder aanvoering van Rusland, ’n verrassingsinval in Israel doen. God sal hierdie inval wonderdadig stuit, sê hierdie fundamentaliste. Kort daarna sal daar egter nog ’n aanval deur die „Antichris” wees, en dit sal ’n volskaalse oorlog in die Midde-Ooste afgee​—Armageddon.

Vir sommige klink dit miskien heel aanneemlik. Die Bybel praat immers van ’n versameling van nasies vir oorlog by „Armageddon” (Openbaring 16:14-16). Maar leer die Bybel werklik dat hierdie oorlog in die Midde-Ooste gevoer sal word? En van watter betekenis is die plek waar hierdie slag sal plaasvind?

[Prent op bladsy 3]

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel