Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • w85 6/1 bl. 28
  • ’n Dubbele rede tot blydskap

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Dubbele rede tot blydskap
  • Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
  • Soortgelyke materiaal
  • Meer sendelinge vir die wêreldoes
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Graduering van die 83ste Gileadklas waarlik ’n feestelike geleentheid
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
  • Nuwe sendelinge—voorbereid vir sukses in die veld
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1984
  • Wees bly saam met Gilead se 82ste klas
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1987
Sien nog
Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1985
w85 6/1 bl. 28

’n Dubbele rede tot blydskap

DIE 3de Maart 1985 was ’n geleentheid vir dubbele rede tot blydskap, veral vir die 42 studente van die 78ste klas van die Wagtoring-Bybelskool Gilead. Dit was nie net gradedag nie​—genoeg rede tot blydskap—​maar ook die eerste keer dat ’n Gileadgradeplegtigheid gehou is in die nuwe Brooklynse Byeenkomssaal wat pas die dag vantevore toegewy is.

Teen 10 vm. was die saal met sitplek vir 2 400 stampvol met die graduerende studente, hulle familie en vriende en, vir die eerste keer in baie jare by ’n Gileadgradeplegtigheid, die hele Brooklyn-Bethelgesin. Daar het groot opgewondenheid geheers. En die gesprekke is oorheers deur kommentare oor hoe pragtig die broers die saal omgebou het. Dit was baie duidelik dat niemand geswyg het oor die vreugde en dankbaarheid waarvan hulle harte oorgeloop het nie.

Stiptelik om 10 vm. het Theodore Jaracz, voorsitter vir die dag, die gehoor tot orde geroep. Daar was dawerende applous toe hy doodeenvoudig gesê het: “Dit is goed om hier te wees, nie waar nie?” Almal was dit klaarblyklik eens met daardie woorde.

Vreugde was skynbaar voor in die gedagtes van die sprekers vir die dag. George Gangas van die Bestuursliggaam het gepraat oor “Vind vreugde in die sendingveld​—Hoe?” Hy het vir die graduerende studente gesê dat “Jehovah julle sal gebruik om mense van gevangenskap in Satan se tronk te bevry” net soos Jehovah die engele in die verlede gebruik het. Stel jou voor die vreugde wat dit hulle verskaf het! Toe het Daniël Sydlik die studente aangeraai om “’n intieme vriend saam te neem” wanneer hulle na hulle toewysings vertrek. Die Bybel is daardie vriend. Hulle kan daarop staatmaak in hulle uur van nood, het hy vir hulle gesê. Dit is so kragtig dat slegs ’n sin, of selfs ’n woord, daaruit soms genoeg is om iemand te help. Lees dit en luister daarna elke dag, het hy die studente gemaan, en help ander om dit ook te doen.

Robert Wallen van die Bethel-komitee het uitgebrei op die tema van vreugde en die studente aangespoor om die gesindheid van “Hier is ek, stuur my” te behou, en Joel Adams van die Diensafdeling-komitee het vir die klas gesê: “Om vreugde in die volste sin te smaak, moet ons volkome toegewy wees om God se wil te doen. Die twee is onafskeidelik.”

Die studente het ook afskeidsraad van hulle twee instrukteurs ontvang. Ulysses Glass het hulle daaraan herinner dat “die sendinglewe nie altyd maklik gaan wees nie”. Hy het die profetiese drama van Elia en Elisa verhaal en hulle aangespoor om die hedendaagse Elisa-klas na te volg en hulle werk tot die einde toe te doen. Jack Redford het almal verbaas deur te sê: “Ek het verlede jaar ’n man ontmoet wat in 4 000 jaar nie ’n fout begaan het nie.” Hy het na ’n Egiptiese mummie in ’n museum verwys. Die punt was natuurlik dat slegs die dooies nie foute begaan nie. Maar is ons soos Saul wat sy foute probeer regverdig het of soos Dawid wat syne geredelik erken het wanneer ons met ons foute gekonfronteer word? Dit is inderdaad gedagteprikkelende vrae!

Die laaste spreker van die oggend was die President van die Wagtoring-Bybelskool Gilead, F. W. Franz. Hy het die stigting van Gilead “’n luisterryke opheldering van geloof” genoem en vertel hoe die skool aan die spits was van die werk om die goeie nuus van die Koninkryk wêreldwyd te verkondig. Nou het die 42 studente van die 78ste klas die voorreg om na 14 lande te gaan om met hierdie wonderlike werk te help.

Nadat hulle hulle diplomas ontvang het, het een van die studente, Gordon Grant, vorentoe getree en namens die klas ’n brief van waardering gelees. “Ons het gekom as behoeftige mans en vroue, hoewel ons dit nie toe besef het nie”, het hy gesê. “Vandag, na slegs vyf maande, vertrek ons ryk en versadig.” Hulle is vasbeslote om hulle opleiding en geestelike skatte goed te benut in hulle nuwe toewysings.

Die middagprogram het begin met die studente se deelname aan ’n verkorte Wagtoring-studie wat deur Calvin Chyke van die Fabriekskomitee gehou is. Toe het die studente ’n lewendige revue van ondervindinge en musieknommers gelewer oor die dinge wat hulle geleer het bloot deur waarneming van en omgang met die Bethelgesin en ander. Laastelik het hulle ’n roerende Bybeldrama opgevoer wat gebaseer was op die gebeurtenisvolle verslag van Josef en sy broers. Daar was menige betraande oog in die gehoor.

Toe die voorsitter die dag se verrigtinge afsluit, was al die aanwesiges dit volkome eens dat dit vir hulle goed was om daar te wees. Ja, dit was ’n dag vol geestelik goeie dinge​—’n dubbele rede tot blydskap!

    Afrikaanse publikasies (1975-2025)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2025 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel