“Die mees verhewe diens”, “die aangenaamste lewe”
As gevolg van sy diepgaande studie van die Christelike Griekse Skrifte het John Wycliffe, die moedige 14de-eeuse Bybelvertaler, tot ’n interessante gevolgtrekking omtrent die mens se aanspreeklikheid teenoor die almagtige God gekom. Volgens H. C. Conant se boek, The English Bible, het Wycliffe tot die slotsom gekom dat “die mees verhewe diens wat die mens op die aarde kan verrig, is om die woord van God te verkondig”. Eeue later het ’n ander Bybelgeleerde, Matthew Henry, ’n soortgelyke gevolgtrekking gemaak. Op sy sterfbed in 1714 het hy gesê: “’n Lewe wat in die diens van God gewy word, en omgang met hom, is die aangenaamste lewe wat enigiemand in hierdie wêreld kan lei.”
Ruim twee-en-’n-halfmiljoen bedrywige getuies van Jehovah stem heelhartig saam! Hulle geniet hierdie “aangenaamste lewe”. Waarom? Omdat hulle die goeie nuus van die Koninkryk wêreldwyd verkondig en sodoende gehoor gee aan die vermaning: “Loof Jehovah, . . . want dit is aangenaam.”—Psalm 147:1, NW.